Spreuke 2:1

Dinsdag Mei.2017 Tema: Toetse en Eksamens 2
**** My eie woorde:
****Almal van ons het een of ander tyd al eksamen geskryf, of ‘n
toets afgelê. Sommige is toesighouers wanneer daar eksamens
geskryf word. Tog voordat jy eksamen kan skryf moet jy eers skool
toe gaan en dan moet jy leer. Ons is almal in die skool van die lewe
en is besig om voor te berei vir die GROOTSTE eksamen ooit. Die
voorbereidingstyd is die moeilikste want dis die tyd van kennis
opdoen, en toetse skryf voor die eintlike eksamen aanbreek
wanneer ons deur die HERE van die hemel en aarde geoordeel sal
word. Om getoets te word, is nie maklik nie, maar die beloning is
groot .
Spreuke 2:1 My seun, as jy my woorde aanneem en my gebooie
by jou bewaar, 2 sodat jy jou oor laat luister na wysheid, jou hart
neig tot verstand; 3 ja, as jy na die insig roep, na die verstand jou
stem verhef, 4 as jy daarna soek soos na silwer en dit naspeur
soos verborge skatte, 5 dan sal jy die vrees van die HERE
verstaan en die kennis van God vind 6 (want die HERE gee
wysheid, uit sy mond kom kennis en verstand,
Hand 17:31 omdat Hy ‘n dag bepaal het waarop Hy die wêreld in
geregtigheid sal oordeel deur ‘n Man wat Hy aangestel het, en Hy
het hiervan aan almal sekerheid gegee deur Hom uit die dode op te
wek.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 2 Mei 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE
jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in
jou verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag 
Geen bekend
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Onthou nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 123 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *