Spreuke 6 V6

Baie dankie vir jou bydrae tot die bediening ! !
Ek het weer bestellings vir Audio Bybelstudie CD’s ontvang.
Nr. 1 tot 13 is beskikbaar . Dis gratis , so stuur jou naam vandag
nog met ’n volledige posadres
Donderdag 4 Mei 2017 Tema: Toetse en Eksamens 4
**** My eie woorde
**** Om eksamen te skryf het jy tyd nodig om voor te berei. Is dit nie
vreemd nie, jy het baie tyd deur die jaar om dinge te doen, maar
sodra jy wil gaan sit met die boeke, dan voel jy eerder lus om
sommer gou dit of dat te doen….eintlik enige iets anders as om te
studeer. Dis presies wat met ons gebeur wanneer ons tyd wil neem
om voor te berei vir die Eksamen van die Lewe…ja daardie dag
wanneer elkeen van ons voor die regterstoel van God sal moet
verskyn om rekenskap te gee. Die enigste voorbereiding is
Bybelstudie en Gebed. Hoeveel tyd spandeer ons om voor te berei
vir daardie dag? Gaan ons ook wag tot op nr. 99 . Kyk gerus na die
lewe sodra die een ramp na die ander ons tref dan is ons almal op
ons knieë maar daarna gaan ons maar weer aan asof die HERE nie
bestaan nie .
Spreuke 6 V6 Gaan kyk na die mier, luiaard, kyk hoe hy werk, en
leer by hom. V7 Hy het nie ‘n leier nie, nie ‘n opsigter of ‘n regeerder
nie, V8 tog maak hy sy kosvoorraad reg in die somer, versamel hy
sy voedsel in die oestyd.
Psalm 126 V5 Wie met trane saai, sal die oes met gejuig inbring.
V6 Al loop hy en huil terwyl hy die saaisak dra, hy kom juigend
terug terwyl hy sy gerwe dra.
Matt 28: 20b …..En onthou: Ek is by julle al die dae tot die
voleinding van die wêreld.”
2Kor 5:10 Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus
verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig
het, volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad
Efes.5:15 Pas dan op dat julle nougeset wandel, nie as onwyse nie,
maar as wyse; v16 en koop die tyd uit, omdat die dae boos is.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 4 Mei 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE
jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in
jou verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag. (**,)
Marthie Marais 4 Mei
Maxeen Buys 4 Mei
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Onthou nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 102 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *