Vinnige sout tert

Die souttert is vinnig, maklik en heerlik.

Resep deur Phillie van der Mescht

Geplaas op www.facebook.com/ResepteRecipes

As jou tyd min en jou huismense honger is, is hierdie resep net die ding!

 

■ 30 ml olie

■ 1 ui, gekap

■ 125 g sampioene, gesnipper

■ 125 g geurige koue vleis, soos salami, gaar spekvleis of gerookte ham, gesnipper

■ 250 ml gerasperde cheddarkaas

■ 1 wiel fetakaas, gekrummel

■ 30 ml fyn gekapte pietersielie

■ 80 ml bruismeel

■ Sout en swartpeper na smaak

■ 4 eiers, geklits

■ 375 ml melk

 

Voorverhit die oond tot 190 grade C en smeer ’n middelslag-tertbord.

Verhit die olie en braai die uie en sampioene tot gaar.

Laat effens afkoel en roer die koue vleis, kase en pietersielie by.

Sprinkel die meel, sout en peper oor en roer deur.

Klits die eiers en melk saam en voeg by.

Roer tot goed gemeng.

Giet egalig in die voorbereide oondbak en bak vir ongeveer 30 minute, tot die tert ferm en goudbruin is.

Laat effens afkoel en sit voor met ’n mengelslaai.

Lewer agt porsies.

 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 778 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *