Joey Hanekom
Mielie poffertjies
1 kop koekmeel
1tl bakpoeier
½ tl sout
1 tl suiker
1 eier, liggies geklits
½ kop melk
1 eetl botter, gesmelt
1blikkie pitmielies (gedreineer)
Opsioneel: Bietjie gerasperde kaas, gerasperde ham, gekapte spek of koue vleis
In ‘n bak, meng meel, bakpoeier, sout en suiker. Klits eier, melk en botter. Meng dit in by die meel mengsel
Voeg die mielies by en (indien jy enige opsioneel gebruik)
Meng goed deur
Verhit olie
Drup lepels vol in kokende olie
Bak tot goudbruin en dreineer op kombuispapier
Maak ongeveer 12 poffertjies
(Visited 5,715 times, 1 visits today)
Advertisements