Matt 25V3 ~ 10 Maagde 2.1

Dinsdag 13 Junie.2017 Tema: Tien maagde 2
**** My eie woorde:
Matt 25V3 En toe die wat dwaas was, hul lampe neem, het hulle
geen olie met hulle saamgeneem nie.4 Maar die verstandiges het
olie in hulle kanne saam met hul lampe geneem.5 En terwyl die
bruidegom talm om te kom, het hulle almal vaak geword en aan die
slaap geraak.
**** Kom ons kyk mooi na vandag se gedeelte. Die wat dwaas was
het ook lampe gehad en hulle lampe saam gedra, maar hulle het
nie olie gehad nie. Die verstandiges het nie net hulle lampe geneem
nie, maar ook olie. Olie in die Woord van die Here stel die Heilige
Gees voor. So almal was volgens hulle “Christene” maar net die
helfte het die teenwoordigheid van die Heilige Gees se olie in hulle
lewens gehad . Dan die hartseer, maar ernstige woorde
1. Die bruidegom talm om te kom
2. ALMAL raak geestelik aan die slaap
Sag4V3 Ook twee olyfbome langs hom, een aan die regterkant van
die oliekan en een aan die linkerkant daarvan.V4 Daarop het ek
begin spreek en aan die engel wat met my gespreek het, gesê: Wat
beteken dit, my heer? V5 En die engel wat met my gespreek het,
antwoord en sê vir my: Weet jy dan nie wat dit beteken nie? En ek
het gesê: Nee, my heer. V6 Toe antwoord hy en sê vir my: Dit is die
woord van die HERE aan Serubbábel, naamlik: Nie deur krag of
deur geweld nie, maar deur my Gees, sê die HERE van die
leërskare.
Matt 5:16 Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie
werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 13 Junie 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE
jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in
jou verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag (**,)
Marie Myburgh 13 Junie

Stuur gerus jou verjaardagdatum aan :
druk net “REPLY” en stuur jou naam en dag soos hier bo
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Onthou nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 51 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *