Eiers florentine

Florentine verwys na geregte met spinasie in.

Gesoteerde spinasie word hier met ‘n geposjeerde eier bedien.

Geposjeerde eiers is baie gesond omdat dit werklik geen olie benodig om gaar gemaak te word nie.

2 groot, bruin sampioene
agste van ‘n medium ui, in skyfies gesny
100 g spinasie, dun blare, in growwe stukke geskeur
sout en varsgemaalde swartpeper
1 eier
10 ml witasyn

Braai eers die sampioene in jou kleefvrye pan, sprinkel met sout en peper, en hou eenkant wanneer dit gaar is.
Braai dan in dieselfde pan die ui, totdat dit sag en deurskynend lyk, voeg die spinasie by en braai tot dit verlep.
Om die eier te posjeer: Kry ‘n klein kastrol en maak dit halfvol met water, voeg die asyn daarby.
Laat dit tot kookpunt kom.
Breek die eier in ‘n klein bakkie oop.
Gebruik ‘n groot lepel om ‘n whirlpool in die water te maak, deur die lepel om en om in die rondte, in dieselfde rigting, te draai. Gooi dan versigtig die eier daarin. Gebruik die lepel om hom bymekaar te hou.
Kook vir 3 – 5 minute, afhangend van hoe jy van jou eier hou.
Plaas dan die sampioene en spinasie op crackerbread en skep die eier bo-op. Sprinkel met sout.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 93 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *