Exo 23:1

Maandag 19 Junie.2017 Tema: Valse getuie 1
**** My eie woorde:
**** Wat beteken dit om ‘n valse getuie te wees volgens die Bybel
en wat is die gevolge? Miskien het jy ook al gepraat en iets gesê en
dan herinner Heilige Gees jou dat jy nou nie die waarheid gepraat
het nie en jy korrigeer jouself. Dis reg en goed, maar wat ons vanoggend
van praat is iemand wat beplan om as valse getuie op
te tree. Mense wat in die gewoonte verval om ander te bedrieg.
Mag die HERE ons help om betroubare getuies vir Hom te wees nie
net met wat ons sê nie, maar ook met wat ons doen.
Exo 23:1 Jy mag geen valse gerug rondstrooi nie. Verbind jou nie
met die skuldige om ‘n kwaadwillige getuie te wees nie.
V2 Jy mag die meerderheid nie volg in verkeerde dinge nie. En jy
mag in ‘n regsaak geen getuienis aflê agter die meerderheid aan
om die reg te verdraai nie.
Spr 14:5 ‘n Betroubare getuie lieg nie, maar ‘n valse getuie strooi
leuens uit.
Lev 19:16 Jy mag nie as ‘n kwaadspreker onder jou volksgenote
rondloop nie. Jy mag nie teen die lewe van jou naaste optree nie.
Ek is die HERE.
Ps 140:1 . ‘n Psalm van Dawid. (140:2) Red my, HERE, van die
kwaaddoeners, bewaar my vir die manne van geweld; V2 (140:3)
wat slegte dinge in die hart bedink, wat elke dag stryd verwek.
V3 (140:4) Hulle maak hul tong skerp soos ‘n slang; gif van ‘n
adder is onder hulle lippe.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 19 Junie 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE jou
spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in jou
verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag. (**,)
Steve Shemmans 19 Junie
Elizabeth Opperman 19 Junie

Stuur gerus jou verjaardagdatum aan :
druk net “REPLY” en stuur jou naam en dag soos hier bo
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Onthou nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 58 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *