Gemmer koekies

Maak: omtrent 100

Bereidingstyd: 30 minute plus afkoeltyd

Baktyd: 8-10 minute

Oondtemperatuur: 180 °C

 

185 ml (170 g) sagte botter

335 ml (200 g) klam bruinsuiker (“treacle”)

1 groot eier

65 ml (80 g) melasse

10 ml koeksoda

5 ml fyn gemmer

5 ml fyn gemengde speserye

500 ml (275 g) koekmeel

1 Klop die botter, suiker, eier en melasse saam tot romerig. Voeg die koeksoda, speserye en ‘n knippie sout by. Roer dit tot gemeng. Roer die meel by totdat dit net-net deurgemeng is. Sit die bak met deeg vir minstens een uur in die yskas.

2 Rol die deeg in bolletjies met ‘n deursnee van 2 cm. Pak dit op gevoerde bakplate en bak dit dan vir agt tot 10 minute in ‘n verhitte oond. Die koekies sal nog sag voel as dit uit die oond kom, maar word harder sodra dit afkoel.

3 Laat die koekies vir ‘n paar minute op die bakplate staan en skep dit dan op ‘n draadrakkie. Sodra dit afgekoel het, kan jy dit in ‘n lugdigte houer bêre.

Bron: Onbekend

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 580 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *