Gemmerkoekies

Joey Hannekom

185g margarine
250ml stroop
700g koekmeel
20ml koeksoda
20ml kremetart
60ml gemmer
550g bruinsuiker
5ml sout
3 eiers

Smelt botter en stroop in groot kastrol en laat afkoel. Voeg nou die eiers een vir een by die stroopmengsel. Gooi nou die bruinsuiker bo-oor en meng net tot die mengsel nat is. Sif droё bestandele en voeg by die die stroopmengsel en meng. Laat staan vir 2 ure, maak balletjies en bak 10 – 12 min by 180°C.

Die resep lewer omtrent 13 dosyn.

voeg maar ń bietjie ekstra gemmer by, net vir liefde. Die is ’n regte outydse harde gemmerkoekie wat lekkerder word soos dit ouer word.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 260 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *