Gen 2:15-17

Joey Hannekom

Dis n nuwe week en ek sit die naweek en krap deur papiere, kom toe op n ou boekie af, wat in 1988 geteken is deur al my klas maats en onderwysers, waar almal jou seen vir die toekoms. Agter was n paar bladsye oop en soos tyd aangegaan het, het ek daarin geskryf.

Onthou jy daai appel se stingeltjie? Jy draai en draai hom en elke draai is n alfabet letter, dis waarmee jou van eendag gaan begin. Hahaha

En die blommetjie? Die steeltjie val toe uit die boekie en ek tel dit op en hou in my hand. Dit was n wit daisy ons het baie gehad. ‘n pragtige blommetjie…..elke blaartjie perfek in sy plek. “Hy het my lief…hy het my nie lief!” Maar die blaartjies het ek een-een af getrek…Nog n blommetjie in boekie geplak en blare het name. een is liefde, dan vrede, geduld, vertroue, seën, verdraagsaamheid, omgee, behulpsaamheid, geloof…..en as al die blaartjies name het is net die stingeltjie met die kern oor! Dieselfde stingeltjie met kern wat oorgebly het met hyt my lief, hyt my nie lief nie. Ek vryf sag oor die droe stingeltjie en dink: So kan ons in lewe ook ons blaartjies verloor en wat bly oor die kern. Mense kry seer, verloor stukke van hul lewe. Jy lewe meer gejaag, geduld raak minder, so val jou blare een vir een af. Daardie kern gaan nie weg. Wat kan als so bymekaar hou en as die blare afval nogsteeds daar wees? Dit is God. Hy was, is en sal altyd daar wees. Al verloor ons als, bly God ons kern en sal Hy ons nooit verlaat nie! Al voel jy naak en vol sonde God is daar! Dis ons wat skuldig voel en weg kruip. Dis ons wat skielik naak en sondig voel. Gen 2:15-17 se ek het my eie wil en keuse.

Ons het verkeerde keuse gemaak.

Psalm 120 ’n BEDEVAARTSLIED.

Ek roep die Here aan in my benoudheid, en Hy verhoor my. O Here, red my siel van die valse lippe, van die bedrieglike tong! Wat sal Hy jou gee of wat vir jou daaraan toevoeg, o bedrieglike tong? Skerp pyle van ’n held saam met gloeiende kole van besembosse. Wee my dat ek as vreemdeling vertoef in Meseg, dat ek by die tente van Kedar woon! Te lank al woon my siel by die wat die vrede haat. Ek is vredeliewend; maar as ek spreek, is hulle op oorlog uit.

Kortliks opgesom menslike strukture is goed, maar dis eintlik die struktuur wat God bied waarop ons moet staatmaak.

Die kern is baie duidelik daar is net 2 wee. Jy moet kies tussen die twee wee. Jou keuse het ‘n invloed wat jy doen. Die uiteinde van jou keuse is hemel of hel. Reg of Verkeerd. Bree of smal weg.

Hoe?

Ek moet eers oorgee, glo, doen.

God doen en dankbaar wees.

Net God doen, ek oorbodig, dis begin taf raak.

Ek val net in by God. Moeiliker ne!

My aksie ingebed in God se aksie. Niks van my meer nie net God se wil in my lewe. En op so staduim is ek heilig in God se werksplan.

Menslikheid is nie n siekte wat genees moet word nie of onvolmaaktheid waarvan ons moet ontsnap nie. Dit moet oorgegee word in God se hande vir transformasie!   Die geestelike pad moet ons nie engele, gerubs of gode maak nie! Maar om so menslik as moontlik, soos God bedoel het!

Joh 10:10… Ek het gekom sodat julle die lewe kan hê, en dit in oorvloed.

Jesus kom af aarde toe en word mens! Maar waarvoor het Hy gekom? Om ons te wys hoe ons God moet gehoorsaam, aanbid tot die dood toe. Die God word geeer as mans en vroue vol Lewe is en ten volle mens is.

Die vraag is nie soseer wat gaan met jou gebeur met jou as jy vandag doodgaan nie, maar wat gebeur as jy nie vandag doodgaan nie? Wat as jy nog 50 jaar gaan leef!!

Het jy al daaraan gedink?

Ons sien die vraag verkeerd.

Heilige Gees gee sprankel, … lig en beweging; dinamies, gee energie, vitaliteit en verryking. Soos vuur en wind steek die gees aan en beweeg! Energie om die lewe ten volle te leef.

Die Gees is jou kern lewenskrag.

Konsep van soul food en soul music. Eerlik, eg, diep, eenvoud vir die liggaam en siel. Soos liedere van liefde, verlies, en verlange.  Die siel bied vrugbare grond vir die lewenservarings om te groei en vrug te dra. Die vrug van die Gees natuurlik. En die Woord van God is saad.

Die laaste woorde van Moses voor hy gesterf het is opgeteken in Deut 30:15-20.  Hy bied aan die Israeliete ook 2 opsies: die pad van dood of pad van die lewe…

Dan roep hy uit: KIES DIE LEWE!!! Kies die Lewe!!!

Mag jy deur God geinspireer Voluit lewe en ten volle mens wees! Mag God jou kern wees in alles wat om jou plaasvind en verloor jy in jou lewenswandel dinge, weet Hy is steeds daar vir jou en my. Kies Lewe. Laat die Gees van God Lewe en woema in jou stap gee. Jy is n wenner man! Stap regop en gaan wen die week soveel siele jy kan vir die Koninkryk van God. En as dit regtig noodsaaklik is kan jy woorde gebruik.  Maw. Laat mense in jou dade sien: wow jyt iets wat ek wil he!

Joh 8:31-47. Rom 8:14-17,

Weet jy wat gebeur met groente soos spinasie? Jy pluk blare en blare kook en gee vir ander maak tert, braai, en as sy lewe klaar is spruit uit daai stingel n lang “blom” vol saad, gereed vir saai vir jou volgende plantjies. So skiet wortels, beet ook saad en daai saad maak weer baie meer plantjies, in die Regte seisoen. En dan kan almal weer heerlik gesond lewe uit die grond.

Amen

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 70 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *