Hand 5:1-11

Het jy al gehoor mense se: as my skip eendag kom, gaan ek… As ek eendag n klein fortuintjie het. So van Skip gepraat: Een van die geskiedkundige rampe wat ‘n groot indruk op die mensdom gemaak het, is toe die Titanic 1912 gesink het en 1517 mense gesterf het. Sjoe dis eina.

In ons dag tot dag lewe gebeur dit dikwels ook dat ons lewensbootjie omval en sink, soms deur ons eie toedoen, ander kere a.g.v. dinge buite ons beheer. Die vraag is, hoe goed maak ons voorsiening vir die dag, wanneer dit gebeur? Jy sien, daar sal beslis storms kom, maar wat sal jou bootjie regop hou? Van ons se skip se seile is so geskeur. Ander al krake soos ons deur rotse moes baklei. So is Judas iemand wie se boot omgeval en gesink het toe hy besluit het om Jesus te verraai. So ook Ananias en Saffira met ‘n gekonkel en oneerlikheid:

MAAR ’n sekere man met die naam van Ananías het saam met sy vrou Saffíra ’n eiendom verkoop, en ook met die medewete van sy vrou van die prys agtergehou en ’n sekere deel gebring en aan die voete van die apostels neergelê. Toe sê Petrus: Ananías, waarom het die Satan jou hart vervul om vir die Heilige Gees te lieg en van die prys van die grond agter te hou? As dit nie verkoop was nie, het dit nie joue gebly nie? En toe dit verkoop is, was dit nie in jou mag nie? Waarom is dit dat jy hierdie saak in jou hart voorgeneem het? Jy het nie vir mense gelieg nie, maar vir God. En toe Ananías hierdie woorde hoor, het hy neergeval en gesterwe; en ’n groot vrees het gekom oor almal wat dit gehoor het.

Daarna het die jongmanne opgestaan en hom toegedraai en uitgedra en begrawe.

En ná verloop van omtrent drie uur kom sy vrou in sonder om te weet wat voorgeval het. En Petrus het haar aangespreek: Sê vir my of julle die grond vir soveel verkoop het? En sy sê: Ja, vir soveel. En Petrus sê vir haar: Waarom het julle ooreengekom om die Gees van die Here te versoek? Kyk, die voete van die wat jou man begrawe het, is by die deur, en hulle sal jou uitdra. Toe val sy onmiddellik aan sy voete neer en het gesterwe. En die jongmanne het ingekom en haar dood gevind en haar uitgedra en by haar man begrawe. En ’n groot vrees het oor die hele gemeente gekom en oor almal wat dit gehoor het. En deur die hande van die apostels het daar baie tekens en wonders onder die volk plaasgevind; en hulle was almal eendragtig saam in die pilaargang van Salomo. Hand 5:1-11

Hier is nou lewensbote wat gesink het, met erge gevolge. Mense wat verkeerde keuses gemaak het, wat geensins voorsiening gemaak het dat die boot kan sink nie, daar was geen plan B in plek nie, hulle het nie gedink aan: “sê nou maar” nie … en dis nogal jammer, né? Verkeerde keuses laat bote sink. Ons hele lewe elke sekonde gaan oor keuses. Selfs wat jy dink, se en doen kan jou skip laat sink. Die Titanic was ‘n puik boot, maar menslike foute het sy ondergang gekos:

Daar was té veel geloof in die verkeerde goed. “Even God can’t sink it”, is ‘n uitdrukking wat aan almal bekend is. (En moenie God uitdaag nie, Hy is nie jou speelmaat nie. Die mag van lewe en dood le in die tong) Dit is egter nie ‘n feit dat die skeepsbouer dit wel gesê het nie. Die boot wás egter gebou om nie te kan sink nie. Ons maak in ons lewe ook so: ons stel te veel vertroue in aardse goed, in ons eie vermoëns, performance, en derglike dinge.

Die Titanic is bo sy vermoëns gedruk. Die eienaars wou ‘n rekord spoed opstel met ‘n boot wat nog nie “ingeloop” was nie. In vandag se lewe sien ons dikwels hoe mense wat onervare is in lewens rypheid op waters wil vaar waarvoor hulle nie reg is nie.

Die kaptein het nie ag geslaan op waarskuwings van ander bote nie. Daar was ysberge, maar hulle het dit nie ernstig opgeneem nie. Mense waarsku ons ook dikwels oor gevare … die wysheid van die grysheid. Klink daai bekend. Ons moet dalk meer luister na mense wat al in diep water gevaar het. Deur ander se foute te leer.

Die Titanic het nie voorsiening gemaak vir die ondenkbare nie. Daar was eenvoudig net nie genoeg reddingsbote nie. Die risiko’s was nie afgedek nie. Dek ek en jy ons risiko’s af vir die storm tye? Is daar ‘n plan B? Dit is heel aanvaarbaar om met ‘n platboomskuitjie op ‘n lagoon rond te roei, maar stormwater vra vir meer. Die lewe is nie net ‘n lagoon of babypool nie.

Die Bybel praat van meer mense wat gesink het, maar waarvan die uitkoms anders was as vir Judas en Ananias en Saffira:
Dawid het gesink toe hy met Batseba deurmekaar raak – jammerlik gesink! En in die proses vat hy toe ‘n paar mense saam met hom die dieptes af. Hy was selfs verantwoordelik vir Uriah se dood. Want hy het vir die Here gevra om hom uit te haal; hy het geskree vir ‘n lewensboei; hy het erken hy het gesink; hy het besef hy is onder en hy het hulp nodig. Hy het besef hy kan nie swem in so ‘n woeste storm nie. Hy het nie eers probeer swem nie, nee, hy het geroep en gegryp na die Here, en op Sy genade vertrou. Dink jy nie hy het verdien om onder te gaan nie? Maar God het nie so gedink nie – dis genade. En so is ons onveranderlike God vandag nog. Hy steek Sy hand uit. Kyk Petrus, toe hy op water geloop het en begin sink: Here Help! Hy kom terug na Jesus toe, en ook hy word gered. Hy het besef hy sal nie op sy eie kan swem nie, die Here Vergewe en gered.

Die kaptein van die Titanic het staatgemaak op twee onervare manne om wag te hou, en uit te kyk vir ysberge. Net so vertrou ons ook dikwels op mense – mense wat self dalk nie goed kan swem nie.

“Laat staan tog die mens wie se asem in sy neus is; want hoe min is hy werd!” (JESAJA 2:22).

Wat is die antwoord?
“Dit is beter om by die HERE te skuil as om op mense te vertrou.” (PSALMS 118:8).
Bly uit onnodige gevaarlike storms uit.
Moenie arrogant wees en op jou kano staatmaak in ‘n storm nie.
Luister na kenners van weersomstandighede.
Oppas vir eiewaan: “Ek sal dit maak”, het al baie mense laat sink.
Kry ‘n plan B gereed. ‘n Reddingsboot.
Vertrou op God met jou hele Hart.
En as die boot omval? Wees opreg en vra vergifnis. Wees eerlik en bely dit. Maak die beste van die situasie. Petrus het sommer op die water geloop. Maar toe hy vir die storm kyk, het hy gesink. Die storm is nie groter as dit wat God deur jou kan doen nie.

Moenie alleen in die storm invaar nie. Jesus het ‘n storm stilgemaak toe die dissipels bang en onseker was. Hulle kon vroeër by Hom gaan hulp vra het, maar hulle het nie geweet hoeveel krag daar in sy woorde sou wees toe hy die storm stilmaak nie. Met Jesus as stuurman, kan jy die storms hanteer.
Wanneer jy kalm waters beleef, smee jou anker, vir die tyd wanneer jy dit dalk gaan nodig kry. Berei voor, word geestelik fiks. Moenie onvoorbereid betrap word nie. Spandeer tyd in die Woord. Die Here wil hoor: Here I am again Lord, I have disappointed You, Help me and forgive me. The wheel belongs to You alone. Amen

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 110 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *