Jak 4:11

Dinsdag 20 Junie.2017 Tema: Valse getuie 2
**** My eie woorde:
**** Wat is ons opdrag as gelowiges oor kwaad praat ja selfs al is
dit die waarheid
Jak 4:11 Broeders, moenie van mekaar kwaad spreek nie. Dié wat
kwaad spreek van sy broeder en sy broeder oordeel, spreek kwaad
van die wet en oordeel die wet; en as jy die wet oordeel, is jy nie ‘n
dader van die wet nie, maar ‘n regter.
**** Onthou kwaadspreek is nie dieselfde as vermaning in liefde nie.
Ek sê altyd ons self kan van ons geliefdes iets sê, maar wanneer
ander dit doen dan beskerm ons hulle met alles wat ons kan. Dink
net hoe seer kry ons hemelse Vader wanneer Sy kinders swaar kry
en Hy weet dat dit tot hulle reiniging en suiwering sal lei.
Heb 3:13 Maar vermaan mekaar elke dag so lank as dit vandag
genoem word, sodat niemand van julle deur die verleiding van die
sonde verhard word nie.
1Pe 3:9 Vergeld geen kwaad met kwaad of skeldwoorde met
skeldwoorde nie, maar seën inteendeel, omdat julle weet dat julle
hiertoe geroep is, sodat julle seën kan beërwe.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 20 Junie 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE
jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in
jou verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag (**,)
Debbie Snyman 20 Jun
Piet Botha 20 Jun
Dina Kotze 20 Jun
Stuur gerus jou verjaardagdatum aan :
druk net “REPLY” en stuur jou naam en dag soos hier bo
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Onthou nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 74 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *