Jesaja 66:1

Dinsdag 6 Junie.2017 Tema: Verslae van Gees 2
**** My eie woorde:
**** Ek dink vele staan vandag ook skuldig. Ons wys die prag kerke
en geboue vir ons Skepper maar kyk hoe lyk Sy antwoord . Waarlik
stof tot nadenke
Jesaja 66:1
SO sê die HERE: Die hemel is my troon en die aarde die voetbank
van my voete. Waar is dan die huis wat julle vir My sal bou? En
waar die plek wat my rusplek sal wees? V2 Want my hand het al
hierdie dinge gemaak, en so het dit alles ontstaan, spreek die
HERE. Maar op hierdie een sal Ek let: op hom wat arm is en
verslae van gees, en wat bewe vir my woord.
(NV)….Ek slaan ag op die mens in nood, op dié een wat berou
het oor sy sonde, wat ontsag het vir My woord.
**** Toe ek dié woorde lees vra ek myself af, wanneer laas was ek
en jy werklik verslae oor ons sonde. Ons kan baie gou verslae raak
as dit finansieel sleg gaan of as alles verkeerd loop. Miskien is al
ons swaarkry en beproewings dan juis God se uitroepteken in my
en jou lewe om te sê: “Hokaai , staan net so bietjie stil dat Ek jou
aandag kan kry” Die Here belowe juis dat as jy verslae en arm van
gees is….dan behoort die Koninkryk aan JOU!! Wonderlik…die
nuwe vertaling bring dit so pragtig uit.
Matteus 5:3
Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die
koninkryk van die hemele.
Matteus 5:3 “Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van
God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 6 Junie 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE
jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in
jou verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag (**,)
Esmé Cloete 6 Junie
Karin Nienaber 6 Jun
Hildaleen Annandale 6 Jun
Linde Punzul 6 Jun
Stuur gerus jou verjaardagdatum aan
druk net “REPLY” en stuur jou naam en dag soos hier bo

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Onthou nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 78 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *