JOGURT-KONDENSMELK BESKUIT

1,5 kg (9 k) koekmeel
60 ml (4 e) bakpoeier
5 ml (1 t) sout
187 ml (¾ k) suiker
500 ml (2 k) natuurlike jogurt
397 g (1 blik) kondensmelk
125 ml (½ k) water
250 g (½ blok) botter
4 eiers

  • Stel oond op 180 °C.
  • 1. Sif meel, bakpoeier en sout.
  • Roer suiker by.
  • 2. Roer jogurt, kondensmelk en water tot goed gemeng.
  • 3. Smelt botter oor lae hitte en laat eenkant om effens af te koel.
  • 4. Klits eiers en roer by kondensmelkmengsel.
  • Roer afgekoelde botter by.
  • 5. Voeg kondensmelkmengsel by meelmengsel en roer tot goed gemeng.
  • jy kan ook jou hande gebruik.
  • 6. Vorm balletjies en plaas styf teen mekaar in gesmeerde oondpan.
  • 7. Bak vir 45 min. of tot toetspen skoon uitkom.
  • 8. Keer beskuit uit en breek in stukke.
  • 9. Plaas op bakplate en droog oornag uit teen 70 °C met oonddeur effens oop.

Bron: Onbekend.  Resep ontvang per e-pos

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 834 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *