Joh 8:44

Woensdag 21 Junie 2017 Tema: Valse getuie 3
**** My eie woorde
**** Vanoggend begin ek weer met ‘n paar vragies.
1.Wie is die vader van die leuen?
2.Wat is die eerste leuen wat hy vertel het ?
3.Wat is een van die dinge wat God haat?
Joh 8:44 Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle
vader wil julle doen. Hy was ‘n mensemoordenaar van die begin af
en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid
is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy ‘n
leuenaar is en die vader daarvan.
Gen 3:4 Toe sê die slang vir die vrou: Julle sal gewis nie sterwe
nie;
**** Soveel mense glo tot vandag toe hierdie leuen.
Spr. 6:17 trotse oë, ‘n leuenagtige tong en hande wat onskuldige
bloed vergiet, V18 ‘n hart wat onheilsplanne beraam, voete wat
haastig na die kwaad toe loop, V19 een wat as valse getuie leuens
uitstrooi en tussen broers tweedrag saai.
**** Onthou die HERE haat sonde maar Hy het die sondaar lief en
wil hê ons moet omdraai en regmaak en na Hom toe kom.
“Sin has many tools but a lie is the handle that fits them all”
Oliver Holmes –
**** Wanneer ek en jy vandag praat maak seker dit wat ek en jy
vandag sê is die waarheid, anders laat ons eerder swyg.
Joh 17:17 Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid.
Joh 8:32 En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle
vrymaak.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 21 Junie 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE
jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in
jou verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag. (**,)
Magda Wilkens 21 Junie
Thea Strauss 21 Jun
Zibeth Joubert 21 Jun
Yolanda Jones 21 Jun
Stuur gerus jou verjaardagdatum aan :
druk net “REPLY” en stuur jou naam en dag soos hier bo
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Onthou nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 58 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *