KONDENSMELK “VERE” BESKUIT

500g botter
150ml kondensmelk
50ml melk
500 ml louwarm water
600ml suiker
3 eiers
1 koekie suurdeeg
2,5kg koekmeelblom

Metode:
Smelt die botter in ‘n groot kastrol en voeg daarna melk en suiker by.

Verhit die mengsel totdat al die suiker gesmelt het en laat afkoel tot louwarm.

Klits eiers en voeg by louwarm melkmengsel.

Krummel die suur deeg in melk en eiermengsel.

Strooi 500ml van koekmeelblom oor suurdeegmengsel en klits met vurk, maak kastrol toe en laat mengsel op warm plek om te rys.

Sif die res van die koekmeelblom in ‘n knieskottel

Voeg suurdeegmengsel en 500ml louwarm water by meel Meng en knie tot hanteerbare deeg.

Bedek skottel met kleefplastiek en los oornag op warm plek.

Smeer groot (diep) beskuitpanne met botter of vet

Verdeel beskuitdeeg in drie, rol met palms van hande in bolletjies en pak in panne Laat nog rys

Bak 50 min. lank in voorverhitte oond teen 180 ° C.

Droog beskuit twaalf uur lank by 100 ° C uit en verpak

Ontvang van Leilani Nel

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 2,619 times, 6 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *