Markus9 V49

Donderdag 1 Junie 2017 Tema: Wanneer ek getoets word 4
**** My eie woorde
**** Vandag se teks laat my altyd dink aan die spreekwoord “cruel
to be kind” Jy gaan dokter toe en hy moet jou ’n seer inspuiting
toedien maar na die pyn begin genesing intree. Iemand het ’n abses
in sy liggaam. Dit is fisies erg pynlik maar dan sny die dokter dit oop
was die wond uit, maar nou ’n vreemde ding. Hy los die wond oop
en dit moet elke dag skoongemaak word sodat dit van binne af
genees Jy is ook dalk vandag stukkend en rou en seer, en dit voel
of die Here so ver van jou af is, of Hy nie die seer verbeter nie,
maar Hy louter ons juis tot ons reg geskaaf is vir Sy koninkryk.
Onthou net twee goed
1. Hy weet wat Hy doen
2. Hy doen nie halwe werk nie
Markus9 V49 “Almal sal met die vuur van beproewing gelouter
word. V50 “Sout is goed, maar as sout sy krag verloor het, waarmee
sal ‘n mens dit weer sout maak? “Julle moet werklik
sout wees en in vrede met mekaar lewe.”
Ps 37 V28 want die Here het die reg lief en sy troue dienaars
verlaat Hy nie. Hulle sal altyd behoue bly, maar die nageslag
van die goddeloses sal uitgeroei word
Fil 1:6 omdat ek juis hierop vertrou, dat Hy wat ‘n goeie werk
in julle begin het, dit sal voleindig tot op die dag van Jesus Christus;
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 1 Junie 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE
jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in
jou verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag. (**,)
Dorie Venter 1 Jun
Romeo Apies 1 Jun
Stuur gerus jou verjaardagdatum aan
druk net “REPLY” en stuur jou naam en dag soos hier bo

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Onthou nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 61 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *