Marmite tert (soos meermin dit maak)

Meermin

Bestanddele
• 60 ml Marmite
• 90 ml botter
• 5 ml sout
• 5 ml bakpoeier
• 500 ml meel
• 200 g botter
• 500 ml gerasperde cheddarkaas
• 250 ml melk of room
• 2 eiers, geklits

Metode
Sif al die droë bestanddele saam. Smelt die 200 g botter en voeg die gesifte droë bestanddele by. Klits die eiers en melk saam en voeg nou by die botter-en-meelmengsel. Roer die gerasperde kaas by. Gooi in gesmeerde bak (20 cm x 15 cm) en bak in voorafverhitte oond teen 200 °C vir 15 minute. Smelt in tussen die Marmite en 90 ml botter saam. Wanneer die tert uit die oond kom, steek so paar gaatjies in die tert, gooi die botter-en- Marmite-mengsel oor. Sny in blokke en eet warm.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 219 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *