Matt 19:24

Lente Nagel

Donderdag 8 Junie 2017 Tema: Verslae van Gees 4
**** My eie woorde
**** Uit Jesus se woorde aan Sy dissipels lyk dit asof dit amper
onmoontlik is om gered te word, maar Sy antwoord weerspreek dit.
Verder sien ons waarna die HERE kyk, Hy kyk na die hart .
Matt 19:24 En verder sê Ek vir julle, dit is makliker vir ‘n kameel om
deur die oog van ‘n naald te gaan as vir ‘n ryk man om in die
koninkryk van God in te gaan. V25 Toe sy dissipels dit hoor, was
hulle baie verslae en sê: Wie kan dan gered word? V26 Maar
Jesus het hulle aangekyk en vir hulle gesê: By mense is dit
onmoontlik, maar by God is alle dinge moontlik.
Ps 51:17 (51:19) Die offers van God is ‘n gebroke gees; ‘n gebroke
en verslae hart sal U, o God, nie verag nie!
GETUIENISSE en TERUGVOER
**** Na aanleiding van gister se dagstukkie ontvang ek hierdie.
Ek self dra nie juwele nie, maar die HERE ontmoet jou waar jy in
jou geestelike ervaring is om jou geloof te versterk. Dankie, H.E. dat
jy bereid is om hierdie ervaring met ons te deel. Nou wil ek vir
elkeen sê as die HERE ’n vrou se hart raaksien vir haar kosbare
item, hoeveel te meer sal Hy nie hoor as jy in jou nood na Hom
uitroep nie.
Amen! Sjoe hierdie is woorde wat my siel verstaan… sal Hy sorg
op maniere waaroor ons nie eers kan droom
Gister net voor ek huis toe gaan na werk sien ek dat ek een van my
oorbelle verloor het, my mees gunsteling stelletjie. Ek is nie
materialisties nie en dis nie n duur item nie maar ek is sentimenteel.
Dis al donker buite en in die kantoor kruip ek op die mat rond onder
my lessenaar en oral met n flitsie en soek desperaat na my blou
blommetjie oorbel.
Hartseer oor alles wat ek die laaste jaar al verloor het en wat
gebreek het. Ek was deur die dag op soveel plekke binne en buite
die kantoor…waar begin ek soek. En toe word ek net rustig en Hy
sê vir my…jou oorbel sal gevind word.
Vanoggend op pad na my lessenaar keer n kollega my voor…in
haar hand my blou blommetjie oorbel. ‘n Jong man het hom
opgetel, op n plek waar baie voete loop. Hy het nie geweet aan wie
dit behoort maar dit gaan gee vir iemand wat dalk sal weet.
Ongeskend het Hy n klein juweeltjie aan sy eienaar terug besorg.
Selfs n waardelose oorbelletjie is beskerm omdat Hy weet dit bring
my vreugde.
Ek sal die lof van die Here verkondig. Laat al wat leef, sy
heilige Naam vir altyd prys.
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 8 Junie 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE
jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in
jou verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag. (**,)
Ben Heyns 7 Junie –(gister verjaar )
Liz Swart 8 Junie
Irene Douglas 8 Jun
Susan Cornelius 8 Jun
Stuur gerus jou verjaardagdatum aan
druk net “REPLY” en stuur jou naam en dag soos hier bo

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Onthou nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 104 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *