Matt 24 V29

Lente Nagel

Vrydag 9 Junie 2017 Tema: Verslae van Gees 5
**** My eie woorde
**** Insiggewend dat ek nou juis hierdie week oor “ Verslae van
gees” praat. Hierdie week het hierdie emosie mense in die Kaap
getref. Tog vertel die skrif ons dat daar ’n dag sal kom waar ALMAL
op hierdie aarde verslae sal staan. Dit is wanneer die teken van die
Seun van die mens verskyn. My en jou vraag is, gaan ek en jy
gereed wees daardie dag. Geseënde naweek in die koue. Ons kan
maar net almal intree vir diegene wat deur hierdie swaar tyd is daar
in die Kaap.Vader laat U wil geskied soos in die hemel net so ook
op die aarde.
Matt 24 V29 “Kort na die verdrukking van daardie tyd
sal die son verduister word, en die maan sal nie skyn nie;
die sterre sal uit die ruimte val, en die kragte van die hemelruim
sal ontwrig word. V30 Dan sal die teken van die Seun van die
mens in die hemelruim verskyn, en al die volke van die aarde
sal verslae wees. Hulle sal die Seun van die mens op die wolke
van die hemel sien kom met groot krag en majesteit. V31 Die
groot trompet sal weerklink, en Hy sal sy engele uitstuur om sy
uitverkorenes bymekaar te maak uit die vier windstreke, van
elke uithoek van die aarde af.”
V32 “Leer dit van die vyeboom as voorbeeld: wanneer sy takke
begin sag word en hy blare kry, weet julle die somer is naby.
V33 So moet julle ook wanneer julle al hierdie dinge sien,
weet dat die tyd naby is, voor die deur. V34 Dit verseker Ek
julle: Nog in die leeftyd van hierdie geslag sal dit alles
gebeur.V35 Die hemel en die aarde sal vergaan, maar my
woorde nooit.”
GETUIENISSE en TERUGVOER
**** Baie dankie vir die positiewe terug voer oor die Bybelstudie
audio CD’s wat ontvang is, onthou indien jy opvolg CD’s wil hê
moet jy aanvra .Dit is steeds kosteloos.
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 9, 10 & 11 Junie 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet jou
bederf dag (**,)
C. Farao 9 Junie
Ronald Emmerson 9 jun.
Johan Visser 9 Jun.
10 Junie-Geen bekend
Ansie Burger 11 Junie
Elma v Vuuren 11 Jun.
Wanda Richter 11 Jun.
Stuur gerus jou verjaardagdatum aan
druk net “REPLY” en stuur jou naam en dag soos hier bo

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Onthou nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 74 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *