Matt 25 v 9

Donderdag 15 Junie 2017 Tema: Tien maagde 4&5
**** My eie woorde
**** Omdat dit môre ‘n vakansiedag in RSA is, moet ek die deel
vandag afsluit, daarom bietjie langer. Gister het ons gesien die
onverstandiges vra olie by die verstandiges. Kyk wat antwoord hulle
Matt 25 v 9 Maar die verstandiges antwoord en sê: Miskien sal
daar nie genoeg wees vir ons en vir julle nie. Maar gaan liewer na
die verkopers en koop vir julleself. 10 En onderwyl hulle gaan om
te koop, het die bruidegom gekom. En die wat gereed was, het
saam met hom ingegaan na die bruilof, en die deur is gesluit.
**** Ek het al ’n paar “What’s app” boodskappe gekry waar mense
desperaat uitroep, bid vir ons dit en dat is besig om te gebeur…dis
mensies wat olie soek en dit gaan al hoe meer gebeur . Die res van
die verhaal sê terwyl hulle gaan kom die bruidegom. Al die natuur
rampe is die begin om ons te waarsku …spyt is goed, maar spyt
kom te laat. Dan die hartseer deel, net soos met Noag se ark …die
deur is gesluit
11 Later kom toe die ander maagde ook en sê: Meneer, meneer,
maak vir ons oop! 12 Maar hy antwoord en sê: Voorwaar ek sê vir
julle, ek ken julle nie. 13 Waak dan, omdat julle die dag en die uur
nie weet waarop die Seun van die mens kom nie.
**** Dink daaraan jy moet ‘n uiters belangrike vergadering bywoon.
Die uitnodiging sê 8.30 vir 09.00 dan sluit die deur. Niemand word
daarna toegelaat nie. Wanneer jy daar kom is dit twee minute oor 9
en jy DINK jy het dit gemaak Jy klop en sê maak oop hier is my
kaartjie ek is genooi …. en vanuit die binnekant die hartseer woorde
Ek ken jou nie
Amos 8:11 Kyk, daar kom dae, spreek die Here HERE, dat Ek ‘n
honger in die land stuur, nie ‘n honger na brood nie en nie ‘n dors
na water nie, maar om die woorde van die HERE te hoor.
-1Thess 5V4 Maar julle, broeders, is nie in duisternis, dat die dag
julle soos ‘n dief sou oorval nie.
5 Julle is almal kinders van die lig en kinders van die dag; ons is
nie van die nag of die duisternis nie.
6 Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons waak
en nugter wees.
GETUIENISSE en TERUGVOER
***** Diegene wat gebedsversoeke gestuur het, wees verseker ek stem
saam met julle in gebed. Dis nou tyd om te bid .
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 15,16 17 & 18 Junie 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE
jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in
jou verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag. (**,)
Helene Behrens 15 Jun.
Zonika v d Merwe 15 Jun.
Marelize v d Walt 15 Jun.
Martina Pappas 15 Jun
Brian Loubser 15 Junie
Lucille Meijer 16 Jun.
Charlie Willemse 16 Jun.
Suzette Stoltz 17 Jun.
Rinette Viljoen 17 Jun.
Urshla Bornman 18 Jun.
Eunice de Jager 18 Jun.
Stuur gerus jou verjaardagdatum aan
druk net “REPLY” en stuur jou naam en dag soos hier bo

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Onthou nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 69 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *