Matt 25V 1

Maandag 12 Junie.2017 Tema: Tien maagde 1
**** My eie woorde:
**** Ons kyk die week na die gelykenis van die Tien maagde. Al is
hulle 10 is daar net 2 groepe 5 wat verstandig is en 5 wat
onverstandig of dwaas is. Waar pas ek en jy in … ja ons kan maklik
se JA ek is verstandig … die vraag is… tel ek onder die
verstandiges in God se oë? Wat beteken dit dan om “verstandig “ te
wees ?
Matt 25V 1 Dan sal die koninkryk van die hemele wees soos tien
maagde wat hulle lampe geneem en uitgegaan het om die
bruidegom te ontmoet. 2 En vyf van hulle was verstandig en vyf
dwaas.
Ps 111:10 Die vrees van die HERE is die beginsel van die wysheid;
almal wat dit beoefen, het ‘n goeie verstand. Tau. Sy lof bestaan tot
in ewigheid.
GETUIENISSE en TERUGVOER
**** Ek het hierdie getuienis op Facebook geplaas, ek deel dit hier
vir diegene wat nie daar kon lees nie
GP getuig:
“Ek wil net graag vertel van my suster se huis op Brenton wat
bewaar is in die brande daar. Ons het gebid dat Die Here sy engele
moet stuur om ‘n laer om die huis te trek en toe stop die vuur net
daar teen die heining van die huis agter haar wat uit hout bestaan
en gas bottels wat sou ontplof. Haar huis was volgende in die ry
maar prys ons lewende God Hy het weliswaar Sy engele gestuur
om daai huis te bewaar want niemand kan verklaar hoe die vuur net
daar gestop het nie. God se wonderwerk !!!”
Ps 91:14 Omdat hy My lief het, sê God, daarom sal Ek hom red;
Ek sal hom beskerm, omdat hy my Naam ken.
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 12 Junie 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE
jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in
jou verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag. (**,)
Toekie Oosthuysen 12 Jun
Stuur gerus jou verjaardagdatum aan :
druk net “REPLY” en stuur jou naam en dag soos hier bo
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Onthou nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 82 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *