Matt 25V6 ~ Tien maagde 3

Woensdag 14 Junie 2017 Tema: Tien maagde 3
**** My eie woorde
Matt 25V6 En middernag was daar ‘n geroep: Daar kom die
bruidegom; gaan uit hom tegemoet!
7 Toe staan al daardie maagde op en maak hulle lampe gereed.
8 En die wat dwaas was, sê aan die verstandiges: Gee vir ons van
julle olie, want ons lampe gaan uit.
**** Middernag dui juis daarop dat dit ‘n tyd is van donkerte.
Daardie tyd wanneer niemand dit eintlik verwag nie. Die tyd
wanneer almal vas slaap. Nogtans bemoedig Jesus ons in die
gelykenis want Hy sê daar kom ’n geroep, dus ’n waarskuwing wat
aankondig dat Hy kom, maak gereed. Dan word almal wakker nie
net die wyses nie. Die dwase vra olie van die verstandiges …
m.a.w. hulle vra gee vir ons van julle Heilige Gees olie om ons
geloof te versterk en ons staande te hou want ons geestelike liggies
wil doodgaan.
Die tragiese deel is juis dat niemand sy lewenservaring en
verhouding met die Here kan oordra aan ‘n ander nie omdat dit ‘n
wandeling en leerskool van ons Skepper is.
Hebreërs 3:15 omdat daar gesê word: Vandag as julle sy stem
hoor, verhard julle harte nie soos in die verbittering nie.
****Die gebeure in ons eie land toon juis wie het olie gehad en wie
nie. Dan die ander kant van die munt, sou ek vandag sterf het ek
reeds my kanse gehad, want na die dood kom niemand tot bekering
nie.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 14 Junie 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet jou
bederf dag. (**,)
Portia Miguel 14 Jun
Hannes Nell 14 Jun
Hermien Prinsloo 14 Jun
Stuur gerus jou verjaardagdatum aan :
druk net “REPLY” en stuur jou naam en dag soos hier bo
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Onthou nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 75 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *