Pizza op crackerbread


Tegnies staan die as pizza op crackerbread bekend, maar die eerste maal wat ek dit geëet het, het dit vir my so taai soos tupperware geproe.

Dis belangrik om dit, as jy dit in die mikrogolfoond sit, net vinnig in te sit.

Die oond werk eintlik beter.

En die rye crackerbread werk baie beter as die gewone een – dit gee ‘n meer stabiele basis.

Jy kan selfs die mozzarellakaas op die groente in die pan sit en dit daar laat smelt voordat jy dit op die crackerbread sit.

2 crackerbreads
130 g gemengde groente (robotsoetrissies, sampioene, murgpampoentjies en tamatie)
5 ml olyfolie
10 ml balsemieke asyn
sout en varsgemaalde swartpeper
5 ml gemengde, gedroogde kruie of 15 ml vars
65 g mozzarellakaas, gerasper
Braai die groente in 5 ml olie. Wanneer dit net begin gaar word, gooi die asyn, sout en peper en kruie by. Laat al die asyn wegkook.
Skep die groente op die crackerbread, sprinkel die kaas oor en smelt dit vinnig in die mikrogolf, of rooster dit in die oond totdat die kaas gesmelt het

Bron: onbekend

 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 209 times, 1 visits today)
Advertisements

2 thoughts on “Pizza op crackerbread”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *