Psalm 77 V4

Woensdag 7 Junie 2017 Tema: Verslae van Gees 3
**** My eie woorde
**** In vandag se gedeelte sien ons hoe die Psalmis deur ‘n baie
moeilike tyd gaan. Wanneer mens dit lees kan jy met hom
vereenselwig. Hy lê in die nag en dink oor alles. Kyk wat ervaar hy,
hy is sprakeloos, met ander woorde hy weet nie eintlik wat om te sê
of te vra nie, hy is ontsteld oor sy situasie, hy dink terug aan die
verlede en vreemd genoeg, wonder hy of die HERE hom dan
verstoot het. Dan so bietjie vêrder aan sien ons hoe die lig
deurgebreek het. My woord aan elkeen vandag is, moet nooit aan
God se liefde en genade twyfel nie, dit is so reg in die vyand se
hand. Hy gooi al sy aaklige karaktertrekke op ons HERE neer en
staan lekker en lag eenkant wanneer ons God blameer. Onthou
altyd God is goed en Hy is liefde. Wanneer ons ons aan Hom
onderwerp sal Hy sorg op maniere waaroor ons nie eers kan droom
nie . Sy verstand is ondeurgrondelik en Hy bly getrou al is ons
ontrou
Psalm 77 V4 Ek dink aan God en ek sug, ek dink na en ek is
verslae. V5 U laat my wakker lê, ontsteld en sprakeloos.
Ek dink aan vroeër dae, aan jare lank gelede. V7 As ek so in die
nag lê en terugdink en peins, vra ek my af: V8 Sal die Here vir
altyd verstoot en nooit weer genade betoon nie?
Dan kom die antwoord:
Psalm 145V18 Die Here is naby almal wat Hom aanroep,
almal wat Hom in opregtheid aanroep. V19 Aan dié wat Hom
dien, gee Hy wat hulle vra, Hy hoor as hulle om hulp roep,
en Hy red hulle. V20 Die Here beskerm almal wat Hom lief het,
maar al die goddeloses verdelg Hy. V21 Ek sal die lof van die
Here verkondig. Laat al wat leef, sy heilige Naam vir altyd prys.
GETUIENISSE en TERUGVOER
**** Verskeie mense het gister gebedsversoeke gestuur. Ek bid
graag saam, maar vra dat jy ook jou antwoord vanaf die HERE
sal stuur wanneer Hy antwoord, sodat ander saam met jou kan bly
wees. Ek plaas nie name nie .
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 7 Junie 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet jou
bederf dag. (**,)
Chris Joubert 7 Junie
Rickey Isaacs 7 Junie
Stuur gerus jou verjaardagdatum aan
druk net “REPLY” en stuur jou naam en dag soos hier bo

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Onthou nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 86 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *