Spr 6V6

Vrydag 30 Junie 2017 Tema: Kosbare wyse woorde 5
**** My eie woorde
**** Ek dink ons almal ken mense wat net wag tot hulle toesighouer
weg is dan staan die werk . Die Skrif sê gaan leer by die mier,
niemand pas hulle op nie, maar hulle werk. Dan praat dit ook
vanoggend met die laatslapers Ek lees net die week ‘n artikel van ‘n
welgestelde sakeman. Hy het elke oggend vroeg opgestaan, sy dag
met die HERE begin en dan by sy huis se kantoor sy dag beplan.
Hy sê dit is die resep vir sy sukses. Sovele mense maak dit net
betyds vir werk en dan bars die storm los by die werk. Daardie
ekstra tydjie vroeër maak ’n reuse verskil. Die laaste gedeelte klink
amper soos ‘n koerantberig maar die Woord sê hulle ondergang sal
skielik kom . Mag jou dag geseënd wees, tot Maandag as ons
gespaar bly.
Spr 6V6 Gaan na die mier, luiaard, kyk na sy weë en word wys!
7 Hy wat geen aanvoerder, opsigter of heerser het nie,
8 maak sy brood klaar in die somer, bêre sy voedsel weg in die
oestyd 9 Hoe lank, luiaard, sal jy bly lê, wanneer sal jy opstaan uit
jou slaap?10 Nog ‘n bietjie slaap, nog ‘n bietjie sluimer, nog ‘n
bietjie hande-vou om uit te rus! 11 So kom dan jou armoede soos
‘n rondloper en jou gebrek soos ‘n gewapende man.12 ‘n Deugniet,
‘n kwaaddoener is hy wat met ‘n valse mond rondloop,
13 wat met sy oë knip, met sy voete beduie, met sy vingers tekens
gee; 14 in wie se hart valse streke is, wat altyd onheil bewerk en
tweedrag saai. 15 Daarom sal sy ondergang skielik kom,
onvoorsiens sal hy verbreek word sonder dat daar genesing voor is.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 30 Junie, 1-2 Julie 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE
jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in
jou verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag. (**,)
Lientjie Nell 1 Julie
Sophia Thys 1 Julie
Marietjie van Rensburg 1 Julie
Antoinette Horn 1 Julie
Ronel Loots 2 Julie
Engela Knoetze 2 Jul
Jessica van Jaarsveld 2 Jul.
Samantha Pontello 2 Jul
Stuur gerus jou verjaardagdatum aan :
druk net “REPLY” en stuur jou naam en dag soos hier bo
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Onthou nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 95 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *