Spreuke 1:7

Lente Nagel

Heelwat mense was bietjie met verlof,
Welkom terug.
Maandag 26 Junie.2017 Tema: Kosbare wyse woorde 1
**** My eie woorde:
**** Ek wonder as iemand vanoggend vir jou sou vra dat jy na die
slimste man ooit se woord sou luister. In ons dag sou ons dadelik
dink aan Stephen Hawking. Nogtans aan die Bybel gemeet is hy nie
eers die helfte so intelligent as wat Salomo was nie. Kom ons kyk
dan wat die wyse man van die Woord ons geleer het die week
Spreuke 1
7 (AFR1953) Die vrees van die HERE is die beginsel van die
kennis; sotte verag wysheid en tug.
7 (AFR83) Kennis begin met die dien van die Here; dit is net
dwase wat wysheid en opvoeding gering ag.
8 My seun, luister na die tug van jou vader, en verwerp die
onderwysing van jou moeder nie;
9 want dit is ‘n lieflike krans vir jou hoof en sierlike kettings vir jou
hals.
10 My seun, as die sondaars jou wil verlei, moet jy nie inwillig nie;
**** Miskien is jy nog jonk of dalk is jy ook al vêrder in jou lewe.
As jongmens kan mens so maklik sê “Ag Maaaa “ of “Ag Paaaa”
Dalk is jy die Ma of Pa wat dit moet aanhoor . Indien jy nog jonk is
en hier lees wil ek jou verseker die lewe snel verby. Een ding wat
ek in my lewe geleer het, is gehoorsaamheid aan jou ouers
wanneer jy jonk is, help jou vorentoe in jou lewe wanneer jy self ’n
Mamma of ‘n Pappa is, maar die beste in ons lewens is om die
HERE te dien .
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 26 Junie 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE
jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in
jou verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag. (**,)
Carol Reynecke 26 Junie
Stuur gerus jou verjaardagdatum aan :
druk net “REPLY” en stuur jou naam en dag soos hier bo
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Onthou nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 96 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *