Spreuke 3V 5

Lente Nagel 

Dinsdag 27 Junie.2017 Tema: Kosbare wyse woorde 2
**** My eie woorde:
**** So dikwels ontvang ons allerhande boodskappe van hoe goed
dit met jou sal gaan en die HERE het jou so lief en vandag is Sy
guns oor jou. Dis baie lekker om dit te lees maar die gevaar is dat
vele van God se beloftes gekoppel aan voorwaardes. Hy sê: “As jy
….dan sal Ek…. Miskien is jou pad op die oomblik maar rof en
moeilik …. Het jy Hom geraadpleeg voordat jy die pad begin stap
het…want Hy sê Ken Hom eers raadpleeg Hom, moenie op jou eie
insig steun nie, ….dan sal HY…..
Ons wil almal alles hê maar ons wil niks gee of opoffer nie. Onthou
ons sonde, ja myne en joune het Sy enigste Seun se lewe gekos,
sodat ek en jy eendag by Hom kan wees.
Miskien is jy soos ek, jy doen partykeer dinge want mens vra mos
nou nie sulke goed vir Hom nie …en dan brand jy vas en nou weet
jy daar is net Een wat jou kan help. Ai ons leer so stadig .
Spreuke 3V 5 Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie
op jou eie insig nie. 6 Ken Hom in al jou weë, dan sal Hy jou paaie
gelykmaak. 7 Wees nie wys in jou eie oë nie; vrees die HERE, en
wyk af van die kwaad; 8 dit sal genesing wees vir jou liggaam en
verkwikking vir jou gebeente. 9 Vereer die HERE uit jou goed en uit
die eerstelinge van al jou inkomste; 10 dan sal jou skure vol word
van oorvloed en jou parskuipe oorloop van mos. 11 My seun, verag
die tug van die HERE nie, en laat sy kastyding nie jou weersin wek
nie, 12 want die HERE tugtig hom wat Hy liefhet, ja, soos ‘n vader
die seun in wie hy behae het.
Matt 7V13 Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en
wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur
ingaan.14 Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe
lei, en daar is min wat dit vind.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 27 Junie 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE
jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in
jou verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag (**,)
René Swart 27 Junie
Deodine Markgraaf 27 Junie
Stuur gerus jou verjaardagdatum aan :
druk net “REPLY” en stuur jou naam en dag soos hier bo
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Onthou nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 57 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *