Spreuke 9:7-12

Hy wat ’n spotter teregwys, behaal vir homself skande, en hy wat ’n goddelose bestraf, vir homself ’n skandvlek.

Bestraf ’n spotter nie, anders haat hy jou; bestraf ’n wyse, en hy sal jou liefhê. Deel mee aan die wyse, en hy sal nog wyser word, leer die regverdige, en hy sal insig vermeerder. Die beginsel van die wysheid is die vrees van die Here, en kennis van die Heilige is verstand. Want deur my word jou dae meer en word jare van lewe vir jou toegevoeg. As jy wys is, is jy wys tot jou voordeel, en is jy ’n spotter, dan moet jy dit alleen dra. Spreuke 9:7-12

Het jy al gevoel jy mors jou tyd om iemand te probeer reghelp? Die aandag wat jy aan iemand gee kan in twee rigtings beweeg. Dis waarom jy altyd Vader moet vra om n wag voor jou mond te sit. Dit beteken nie jy moet n peoplespleaser wees nie. Jou raad maak n goddelose mens opstandig. Hy raak net al meer eie wys en hardkoppig. En volg sy eie pad. Hy draai homself al vaster en dan is daar gevolge. Ekt eendag met n vrou n pad gestap. Sy was pragtig en het geluister. Sy was lesbies en daaruit gedraai. Sy wou soveel leer en nie eers n jaar later ontmoet sy n awesome seun. Hul paar maande uitgegaan en verloof geraak. Hul kinders van die Here en ek was so bly om groei te sien.

Eendag stuur sy whatsapp en se: dis kla ek neem my lewe. Ek kan nie meer. Ekt haar gevra: kan ons daaroor gesels? Syt nie geantw. Ek was by werk en het dadelik na haar gery. Syt haarself gehang en was reeds dood.

Syt n regte keuse gemaak en iets kon sy nie doen en dit was om van ha gay vriende te breek. Haar verloofde het nie daarvan gehou. En hul het die vorige aand besluit om verlowing te breek. Totdat sy kan kies man of vrou? Syt sonder om te kies n kort pad gekies en op 24 haar lewe geneem. Haar vriend wou trou maar om elke keer van die werk te kom en al die vrouens kloek om haar, het hom moedeloos
Gehad. Sien jou keuses kan van lewens belang wees. Syt baie seer gemaak met haar dood. En wanneer ons met iemand praat en raad gee, kan jy net sover gaan. Hoe se hul? Jy kan n perd tot by die water bring, maar hy gaan self moet drink.

Die wyse mense is andersom. Hy soek goeie raad luister en leer graag. Hoe meer hy hoor ,hoe meer verstaan hy. Sy wysheid word al meer en sy vaardigheid om die lewe te hanteer al groter. Die wyse mens gaan eenvoudig van krag tot krag. Sy lewe word net groter en heerliker. Die keuse bly ons eie. Kies lewe of dood? Kies jy 100% God want 92% is nie goed genoeg. Daai bietjie wat kort kan dalk satan n plek gee om te steel dit wat aan God behoort.

Ek sluit af vandag Geniet jou vakansie dag en ons gesels volgende Woensdag oggend weer. Ek gaan n breek vat. Vir n paar dae. Geseende dag

 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 120 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *