Yskas tert met Pere

 

1 Groot blik pere

1 Pakkie pynappel of suurlemoen jelly

1 Blik Ideal melk (ingedampte melk) Baie koud

2 Pakkies Tennis Beskuitjies

 

Dreineer pere tot goed droog.  Maar behou die sap!

Maak sap effens warm en los die jelly daarin op.

Verkoel die jelly of plaas in vrieskas.  Dit moet baie koud word maar nog nie stol nie.

Klop melk tot styf

Sny pere in repe of blokkies en voeg by melk.

Voeg jelly be en roer goed.

Voer bak uit met tennis beskuitjies en skep mengsel bo op.

Verkoel.

 

Resep uit my Ma se ou kookboeke.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 345 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *