Deut 32:46

Maandag 17 Julie.2017 Tema: Waarskuwing 1
**** My eie woorde:
**** Waarom sal ek en jy iemand waarsku. Toe ons kinders was het
jy geweet wanneer jou ouers vir jou sê: “ Ek waarsku jou” dat jy nou
op dun ys loop, as jy nie hoor nie gaan jy voel. Die volk Israel se
uittog uit Egipte was ‘n voorbeeld vir ons wat ons uittog het vanuit
vandag se Egipte van sonde en plesier. Die HERE gee vir ons
boodskappe van hoop en verwagting maar Hy waarsku ons ook dat
Hy nie veel langer sonde gaan duld nie.
Deut 32:46 sê hy vir hulle: Gee ag op al die woorde waarmee ek
julle vandag waarsku, dat julle dit jul kinders beveel om al die
woorde van hierdie wet sorgvuldig te hou.
**** Hierdie teks het niks met ons verlossing te doen nie. Dadelik
kan iemand antwoord die Wet is verby ons is onder genade. Onthou
net dit, die Wet red nie, dit wys wat is sonde. Daarom wanneer ek
onder die genade van Christus en Sy bloed gered is, wil ek nie steel
nie, want my gewete pla my. Dan wil ek nie ons Vader se Naam
ydellik gebruik nie….. en so kan ons aangaan. In ons land sien ons
wat gebeur tydens wetteloosheid. Ek het al heelwat mense hoor sê
daar is genoeg wette maar niemand pas dit toe nie. Dink ek en jy vir
’n oomblik dat ‘n Vader wat Sy eie Seun aan ‘n kruis laat sterf het
omdat ons Sy maatstaf oortree het, dit sommer net so sal laat
verbygaan. Lees onderstaande deel mooi want dikwels lees ons
een teks en vergeet die res. Die een waaraan jy jou onderwerp en
diensbaar is, is jou keuse, dalk is dit alkohol, dwelms slegte sedes
….die woord sê ons is diensknegte van hom wie ons gehoorsaam.
Rom 6:14 Want die sonde sal oor julle nie heers nie; want julle is
nie onder die wet nie, maar onder die genade. V15 Wat dan? Sal
ons sonde doen, omdat ons nie onder die wet is nie maar onder die
genade? Nee, stellig nie! V16 Weet julle nie dat aan wie julle julself
as diensknegte tot beskikking stel om hom gehoorsaam te wees,
julle diensknegte is van hom aan wie julle gehoorsaam is nie òf van
die sonde tot die dood, òf van die gehoorsaamheid tot
geregtigheid?

GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 17 Julie 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet jou
bederf dag. (**,)
Zelda Morkel 17 Julie
Stuur gerus jou verjaardagdatum aan :
druk net “REPLY” en stuur jou naam en dag soos hier bo
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com

Gratis bybelstudie CD’s-1-13
blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 87 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *