Ingestuur deur Okkie jansen van Vuuren
Klam ryk sjokoladekoek
BESTANDDELE
KOEK
4 ekstragroot eiers
1 koppie strooisuiker
2 koppies koekmeel
½ koppie kakao
½ koppie olie
¼ koppie melk
1 knypie sout
2 teelepels bakpoeier
1 teelepel vanilje geursel
KARAMEL SOUS
½ blik karamel kondensmelk
½ koppie water
VERSIERSEL
1 groot (100g) Bar one grof gekap
2 eetlepels melk
3 eetlepels grofgekapte gemengde neute
½ blik karamel kondensmelk
OOND OP 180C
METODE
KOEK
Klits eiers en vanielje tot donserig. Voeg die strooisuiker bietje bietjie by e hou aan klits tot liggeel. Sif koekmeel, sout, kakao en bakpoeier en meng deeglik. Meng melk en oilie en hou eenkant. Roer meel en olie mengsel biejies bietjies om die beurt by eiermensel tot glad. Spuit 26 cm ringpan deeglik met kossproei (spray & cook). Bak vir 25 tot 30 minute of tot toetspen skoon uitkom
KARAMELSOUS
Verhit kondensmelk en water in mirogolf en roer deurentyd. Giet warm oor koek sodra dit uit oond kom. Laat koek bietjie afkoel en keer versigtig uit
VERSIERSEL
Verhit bar one stukkies en melk stadig in mikrogolf . Roel karamel kondensmelk en helfte van neute by en verhit tot gesmelt
Verwyder en laat effens afkoel. Skep versiersel oor koek en sprinkel neute oor
Wat n mors van bestanddele!! Nie naastenby n klam koek nie. Die kondensmelk en water mengsel trek nie in die koek in nie. Dit was die droogste koek wat ek nog ooit gebak het!
ammer oor jou slegte ondervinding. Kan jy my asb kontak op resepte@liplekker.co.za