AARTAPPELS POPS

Ingestuur deur Joye Hanekom

Bestanddele
2 koppies kapokaartappels (oorskiet kapokaartappels werk lekker)
1 eier geklits
2 eetlepels koekmeel
Gouda kaas of kaas van jou keuse in blokkies gesny
Fyngekapte oorskietvleis soos hoender, vark,vis, wors of bully beef.
Meel, vir oorstrooi.
Sout en vars gemaalde swartpeper

Metode
Gebruik pan of deepfryer vir die bak. Meng die geklitste eier , kapokaartappels , en 2 eetlepels. meel saam deeglik in ‘n medium bak.

Gebruik ‘n nat hand, maak ‘n balletjie van die aartappels om en by die grootte van ‘n gholfbal. Neem jou vinger en druk ‘n gaatjie in die middel van die balletjie groot genoeg om ‘n stukkie van die kaas in te druk .

Druk ‘n stukkie van die kaas in die gaatjie en dan liggies werk die aartappels rondom die kaas sodat dit ‘n ronde bolletjie vorm. Doen dieselfde met jou vleisstukkies

Plaas jou bolletjies op ‘n plaat en sprinkel van die ekstra meel oor die bolletjies. Skud die oortollige meel af

Verhit kookolie tot 180 grade of medium hoë hitte. Plaas die poppers in die olie en braai tot goudbruin. Verwyder en dreineer. Geur onmiddelik liggies met sout en vars gemaalde peper.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 435 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *