Een pot hoender en rys gereg

Hierdie gereg laat jou toe om alles wat heilsaam is, in een pot te gooi, dit in die oond te druk, en jouself knoppensie te eet.

Neem ‘n pakkie hoender dye en boudjies, en sit dit in ‘n oondbak of casserole. Spuit net eers die bak met spray and cook.

Gooi ‘n koppie of wat rys bo-oor die hoender, gevolg deur wortels in sirkels of blokke, aartappels in blokkies, ‘n ui in blokke gesny, ‘n pakkie sampioene opgesny, ‘n seldery stingel of ‘n prei (leek) in wieletjies. Groen en rooi pepers is ook heerlik hierin.

Neem ‘n pakkie van Ina Paarman se Chicken Tikka kerriesous, en gooi dit eweredig oor die dis. Sprinkel sout en peper oor na smaak. Liefs te min as te veel.

Rond die gereg af met ‘n blikkie klapper melk (coconut milk). As daar nog vloeistof kort, gebruik water, maar sorg dat die gereg so amper toe is met vloeistof. Sit ‘n deksel of foelie op.

Druk in ‘n 180 grade celcius oond, en kom loer na 90 minute. Miskien sal dit nodig wees om nog ‘n half-uur sonder deksel te kook, afhangende van hoeveel vog in die bak is.”

Louise Saayman

Resepte Van Toeka Wenke

 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 2,551 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *