FRIKKADELLE MET KERRIE SOUS

 

 

 

 

 

 

750g maalvleis
1 groot ui gekap…
1 pak (150g) Sout en Asyn chips (verkrummel)
1 eier geklits
Sout en peper

METODE
Meng alles saam en maak frikkadelle. Rol frikkadelle in meel en sit in bak.

Sous
2 groterige uie in ringe
1 blik 410g pynappel stukkies
50ml asyn
20ml bruinsuiker
15ml kerriepoeier
10ml borrie
30ml margarien

Braai uie in margarien en voeg res van bestanddele by. Gooi oor rou frikkadelle
en bak in oond tot gaar. Bedien met rys of kapokaartappels.

 

Resep en foto: inenomdiehuis.blogspot.co.za

 

 

 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 7,972 times, 2 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *