FYNGESTOOFDE WILDVLEIS

Joey Hanekom

1 kg nek, lies, of bors van wild
6 kruienaeltjies
3 lourierblare
1 huisie knoffel
10 peperkorrels
10 ml ( 2 t ) sout
2,5 ml ( 1/ 2 t ) peper
25 ml ( 2 e ) asyn
62 ml ( ¼ k ) rooi soetwyn, indien verkies
50 g varkspek

Vee die vleis met `n klam doek af en sny dit in stukke.
Plaas die vleis en spek, in repies gesny, in `n swaar kastrol en gooi genoeg water oor om dit net te bedek.
Voeg die naeltjies en die peperkorrels by en laat dit 3 tot 5 uur lank stadig oor lae hitte of in `n stadige oond by 120 C tot 150 C ( 250 F tot 300 F ) stowe.
Voeg die and kruie, sout en asyn by nadat dit 2 uur lank gestowe het.
Haal die naeltjies en die peperkorrels uit en voeg die wyn by `n halfuur voor dit klaar gekook het. Die sous kan met meelblom verdik word wat met koue water gemeng is, indien verkies.
Die vleis moet maklik van die bebe afkom as dit gereed is. Verwyder al die bene en die velletjies en maak die vleis met `n vurk fyn.

L.W. Dit kan ook gebruik word in pastei.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 310 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *