Hand 1: 9-11

Dinsdag 4 Julie.2017 Tema: Kyk Hy kom.2
**** My eie woorde:
**** Veronderstel ek kom vir jou kuier. Jy woon vêr en ek kom per
vliegtuig. Dan my laaste groet voordat ek aan boord gaan sê ek vir
jou dat ek weer sal kom, maar onthou ek sal NET SO kom soos ek
nou vertrek. Dis iets soortgelyk wat met die dissipels gebeur het.
Hand 1: 9-11 En nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl
hulle dit sien; en ‘n wolk het Hom voor hulle oë weggeneem. V10
En toe hulle nog stip na die hemel kyk terwyl Hy weggaan, staan
daar twee manne in wit klere by hulle, V11 wat sê: Galilése
manne, waarom staan julle en kyk na die hemel? Hierdie Jesus wat
van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom
na die hemel sien wegvaar het.
**** Dink jou self in die prentjie in. Jesus gee die laaste opdragte
aan die dissipels en Sy laaste woorde voor Sy vertrek is dat hulle
krag sal ontvang wanneer die Heilige Gees oor hulle kom en hulle
sal Sy getuies wees . Hulle staan nog so en kyk …daar gaan Hy en
Hy word al kleiner en kleiner en toe staan die twee manne in wit
klere daar. Hulle sê vir die dissipels dat Jesus nét so sal kom
soos hulle Hom gesien wegvaar het. ‘n Wolk het Hom weggeneem
Dus het hulle
-Hom met hulle oë gesien wegvaar
-Hulle het die wolk gesien
Die vraag wat ons moet beantwoord is dit. Is ek en jy gereed vir
daardie dag.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 4 Julie 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE
jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in
jou verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag (**,)
Helen Losper 4 Julie
Cornel Carvalho 4 Julie
Stuur gerus jou verjaardagdatum aan :
druk net “REPLY” en stuur jou naam en dag soos hier bo
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Onthou nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 81 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *