(HAND 10:34-35

Ek lees die naweek die volgende: Op n dag kom n vrou uit haar huis en kry 3 ou mans voor haar erf sit. Sy dink toe by haarself hulle moes seker ver gereis het en is seker honger en moeg. Sy vra toe of hulle nie dalk wil inkom vir ete nie. Die eerste ou man vra toe…. Mev is jou gesin tuis? Sy se toe hulle sal nou enige tyd hier wees, waarop hy antwoord….Dan sal ons later inkom. Bietjie later toe die pa en sy dogter opdaag kom nooi sy weer die drie ou mans in vir ete, maar die keer se die een ou man vir haar. My naam is Rykdom, my ander 2 vriende is Geluk en Liefde, maar net een van ons kan inkom en by julle kom kuier. So die keuse le by julle, wie julle verkies moet saam julle kom maaltyd hou.

Die vrou is toe weer in die huis in en vertel haar man van die snaakse gebeure buite.  Die man se toe vinnig, nooi vir Rykdom in, ons kan nogal doen met n miljoen, kyk net hoe lyk ons huis.

Die vrou se ek weet, maar ek verkies steeds Geluk, is hoog tyd dat ons ook n bietjie Geluk in ons lewe moet he.

Die dogtertjie wat ook aan tafel sit skree toe Ek kies Liefde mamma asb laat Liefde inkom. Die pa en ma wat nou altwee na haar kyk terwyl haar ogies helder blink van opgewondenheid, stem toe in. Okay my kind laat dit dan Liefde wees.

Die vrou hardloop toe weer na buite en vra wie van die mans is nou weer liefde en kan Liefde asb inkom.Toe staan al drie mans glimlaggend op en begin na die deur toe loop. Die vrou se ek verstaan nie ……. U het gese net een kan inkom.

Toe antwoord Rykdom: Mev wanneer jy Liefde kies dan volg ek en Geluk ook want waar Liefde gaan, gaan ons.

Hierdie storie is net om julle te herhinder hoe belangrik Liefde is. God is Liefde!!  Wie hom in nooi ervaar al die seeninge wat Hy aan jou wil skenk, want sonder Sy Liefde, is daar geen Geluk en beteken Rykdom net mooi niks. Dankie Vader vir U liefde..

AS JY n heerlike maaltyd wil maak, moet jy nie net n goeie resep he nie, maar ook n goeie kok! In sekere sin kan dieselfde gese word van geluk. Dit is nie die gevolg van n enkele faktor nie, maar geluk spruit eerder voort uit n kombinasie van baie dinge in die lewe. Dit sluit werk, pret en plesier, tyd saam met jou gesin en vriende, asook geestelike bedrywighede in. Maar daar is ook minder voor die hand liggende faktore, soos gesindhede, begeertes en doelwitte in die lewe.

Gelukkig hoef ons nie self te probeer vasstel wat die resep vir ware geluk is nie. Iemand het eendag gese almal wat kan lees kan kook. Waarom nie? Omdat ons Skepper vir ons n wonderlike instruksieboek, die Bybel. “En Petrus het sy mond geopen en gesê: Ek sien waarlik dat God geen aannemer van die persoon is nie, maar dat in elke nasie die een wat Hom vrees en geregtigheid doen, Hom welgevallig is.” (HAND 10:34-35).

“En Hy het uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon, terwyl Hy vooraf bepaalde tye en die grense van hulle woonplek vasgestel het, sodat hulle die Here kon soek, of hulle Hom miskien kon aanraak en vind, al is Hy nie ver van elkeen van ons nie;” (HAND 17:26-27).

“So sê die HERE, jou Verlosser, die Heilige van Israel: Ek is die HERE jou God, wat jou leer wat heilsaam is, wat jou lei op die weg wat jy moet gaan. Ag, as jy maar na my gebooie geluister het, dan sou jou vrede gewees het soos ’n rivier en jou geregtigheid soos die golwe van die see;” (JESAJA 48:17-18).

Daardie belofte herinner ons aan Jesus se woorde: “Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele. Salig is die wat treur, want hulle sal vertroos word. Salig is die sagmoediges, want hulle sal die aarde beërwe.” (MATT 5:3-5). Ons moet kyk na ons geestelike behoefte. En nie aan geld en ander dinge eerste dink nie.

Die geestelikheid waarvan hier gepraat word, is nie oppervlakkige vroomheid nie. Dit beinvloed eerder ons hele lewe. Dit weerspieel ons bereidwilligheid om na God te luister en deur hom onderrig te word, omdat ons besef dat hy ons veel beter ken as wat ons onsself ken.

“En Hy sê vir hulle: Pas op en wees op julle hoede vir die hebsug, want iemand se lewe bestaan nie uit die oorvloed van sy besittings nie.” (LUKAS 12:15).

Jou werklike waarde as persoon, veral in God se oe, het niks te doen met hoeveel geld jy in jou bankrekening het nie. Om die waarheid te se, die najaging van rykdom veroorsaak dikwels meer bekommernisse, wat die vreugde uit die lewe haal en ons minder tyd laat vir belangriker dinge. Ja met min geld gaan dit taf maar met Baie geld…”Dit is makliker vir ’n kameel om deur die oog van ’n naald te gaan as vir ’n ryk man om in die koninkryk van God in te gaan.” (MARKUS 10:25).

“Want die geldgierigheid is ’n wortel van alle euwels; en omdat sommige dit begeer, het hulle afgedwaal van die geloof en hulleself met baie smarte deurboor. Maar jy, man van God, vlug van hierdie dinge weg, en jaag ná die geregtigheid, godsaligheid, geloof, liefde, lydsaamheid, sagmoedigheid.” (I TIM 6:10-11).

“Hy wat geld liefhet, kry nie genoeg van geld nie, en wie rykdom liefhet, nie van inkomste nie; ook dit is dan tevergeefs. As die goed baie word, word die eters baie; watter voordeel het die besitter dan daarvan, behalwe dat sy oë dit aanskou? Soet is die slaap van die arbeider, of hy min en of hy baie eet; maar die oorversadiging van die ryke laat hom nie toe om te slaap nie. Daar is ’n smartlike onheil wat ek onder die son gesien het: rykdom wat deur sy besitter bewaar word tot sy eie ongeluk. Gaan hierdie rykdom verlore deur ’n ongeval, en het hy ’n seun verwek, dan besit dié niks nie. Soos hy uit die skoot van sy moeder uitgegaan het, gaan hy naak weer heen soos hy gekom het; en hy sal vir sy moeitevolle arbeid niks wegdra wat hy met hom kan saamneem nie. ” (PREDIKER 5:9-13).

Dit kan vergelyk word met die gejeuk van Gordelroos of soos jy ken n muskietbyt. Hoe meer jy krap, hoe meer jeuk dit, totdat dit ’n oop seer word. Rooi stukkende bloed massa, rou massa. Die Woord spoor ons aan om hard te werk en om die vrugte van ons arbeid te geniet “So het ek dan ingesien dat daar niks beters onder hulle is nie as om bly te wees en om goed te doen in die lewe. En ook — dat elke mens eet en drink en die goeie geniet by al sy moeitevolle arbeid; dit is ’n gawe van God.” (PRED 3:12-13).

“En Levi het ’n groot feesmaal vir Hom in sy huis gegee; en daar was ’n groot menigte van tollenaars en ander wat saam met hulle aan tafel was. En hulle skrifgeleerdes en die Fariseërs het by sy dissipels gemurmureer en gesê: Waarom eet en drink julle saam met die tollenaars en sondaars?” (LUKAS 5:29-30). Jesus was daar, Maar dit was beslis nie die dinge wat hom die grootste vreugde in die lewe verskaf het nie. Sy grootste vreugde was eerder geestelike dinge, wat ingesluit het dat hy ander gehelp het om van God en sy voorneme vir die mensdom te leer. Jesus wou tussen mense wees, almal wys wat Sy Vader deur Hom kan doen. “Jesus sê vir hulle: My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het en om sy werk te volbring.” (JOH 4:34).

Koning Salomo het plesier op die proef gestel om te sien of dit die sleutel tot geluk is.

“EK het in my hart gesê: Nou ja, ek sal jou met vreugde op die proef stel; geniet dan die goeie! Maar kyk, ook dit was tevergeefs. Van die lag het ek gesê: Dit is onsinnig! en van die vreugde: Wat verskaf dit?Ek het in my hart daaroor nagedink om my liggaam met wyn te verkwik — terwyl my hart my met wysheid sou lei — en om aan die dwaasheid vas te hou totdat ek sou sien wat goed is vir die mensekinders, wat hulle moet doen onder die hemel gedurende die getal van hulle lewensdae.” (PREDIKER 2:1-2).

Leeg en onvervuld dit is hoe hul na die tyd voel. Hoe meer mense hoe meer vreugde. Jy dink nooit verder as jou neus lank is nie. More oggend sit jy met al die opruim werk. Die asbakke omgeskop en stompies in jou kruietuin. En jy rook self nie eers, maar jyt hul genooi. Jou self verkieste vriende. Half pad deur die skoonmaak hoor jy buurman se ongelukkige uitsprake, jou hond is kruppel, en jy wonder het n kar hom gestamp of iemand hom geskop.  Nee wat “been there and done that”. Mens leer uit jou foute.

Leer om jou seëninge te tel.

“Sorg dat niemand ’n ander kwaad vir kwaad vergeld nie; maar jaag altyd ná wat goed is, teenoor mekaar sowel as teenoor almal. Wees altyddeur bly. Bid sonder ophou. Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle.” (I THES 5:15-18).

Oor die liefde kan ons baie se: Liefde en hoop is noodsaaklik vir geluk, rykdom sal self daarby aansluit. Die liefde is lankmoedig en goedhartig. Lees gerus 1 Kor 13:4-8.

Jesus het in Liefde almal gehelp, ek kan myself voorstel hoe jy deur Sy oe in Hom die mooi kon sien.

“MAAR weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom. Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie, verraaiers, roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God; mense wat ’n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het. Keer jou ook van hierdie mense af.” (II TIM 3:1-5).

“Wau. En nog ’n klein rukkie en die goddelose sal daar nie wees nie; ja, jy sal ag gee op sy plek, maar hy sal daar nie wees nie. Die ootmoediges daarenteen sal die aarde besit en hulle verlustig oor groot vrede.” (PSALMS 37:10-11).

“verbly julle in die hoop; wees geduldig in die verdrukking; volhard in die gebed.” (ROMEINE 12:12).

Mense ons is aan die einde in die eindtyd.

“Ek het julle in alles getoon dat ons deur so te arbei die swakkes moet help en die woorde van die Here Jesus moet onthou, dat Hy gesê het: Dit is saliger om te gee as om te ontvang.” (HAND 20:35).

Dis eers al vir die pragtige maandag oggend. Geseende dag

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 83 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *