Janine se Mokka Blokkies

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

150g Botter – kamertemperatuur

500g Versiersuiker, gesif

1 blik 360g Caramel treat kondens melk

5ml vanielje essens

30ml dubbel espresso – koud of espresso koffie poeier (ek gebruik Nescafe se espresso poeier)

2 pakkies van 200g Marie beskuitjie. In klein blokkies gebreek maar nie verkrummel nie

1 Flake

 

Smeer en voer n bakplaat van 23 x 33 cm

Room die botter en versiersuiker goed saam

Voeg die karamel kondens by en klits deeglik.

Voeg die vanilla en koffie of koffie poeier by.

Roer Marie koekies by en meg goed.

Druk die mengsel in die bakplaat vas besprinkel met die Flake.

Plaas oornag in yskas.

Sny en bêre dit in die yskas vir tot 2 weke.

**Hoe beter jou koffie gehalte hoe beter die koffie smaak.

Foto en resep: Bak vir pret en profit, Christine Capendale

 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,596 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *