Joh 7:37

Woensdag 26 Julie 2017 Tema: Vuur maak seer en skoon 3
**** My eie woorde
**** Vroeër jare het mens klapperhaarmatrasse gekry. Indien dit aan
die brand sou raak, het dit gelê en smeul, en teen die tyd dat die
vuur ontdek is, was dit reeds tot as verbrand. In ons lewens is
haat, bitterheid en onvergewensgesindheid net soos daardie ou
matrasse. Dit lê en smeul en steek jou hele bestaan aan die brand
Wanneer jy dink jy wil daarvan ontslae raak het jy nooit besef
dat net die as van jou geestelike lewe oorgebly het nie. Daardie
dag ontdek jy, dat jy ‘n alleen en eensame mens is. Jy het nie
meer vriende nie, en dikwels is jy selfs van jou familie en van
die gemeenskap in jou omgewing verwyderd. Juis omdat jy
toegelaat het dat die vuur maar smeul en jou van binne af
verwoes. Jou verhoudings met jou medemens en met God is tot
as verbrand. Wil jy nie vanoggend toelaat dat Jesus daardie vuur in
jou lewe kom blus nie. Dat Hy met die Lewende Water van Sy
verlossing en Sy sagte hand van genade jou aanraak nie. Sluit net
jou oë en vra Hom.
Joh 7:37 En op die laaste dag, die groot dag van die fees, het
Jesus gestaan en uitgeroep en gesê: As iemand dors het, laat hom
na My toe kom en drink! V38 Hy wat in My glo, soos die Skrif sê:
strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.
Jesaja 12 V3 Met blydskap sal julle water skep uit die fonteine van
redding. V4 Op dié dag sal julle uitroep: “Loof die Here, roep sy
Naam aan, maak Sy dade onder die volke bekend en verkondig dat
sy Naam groot is. V5 Sing tot die eer van die Here, want Hy het
groot dinge gedoen, maak dit aan die hele wêreld bekend.
Mag jy vandag genade vind in God se oë. Mag Hy daardie vure in
jou binneste vir eens en vir altyd blus. Hy het jou vergewe maar het
jy jouself al vergewe?
GETUIENISSE en TERUGVOER
**** Dis met leedwese dat een van ons poslys lede die stryd teen
kanker verloor het maar waar die HERE juis die vuur van pyn
gebruik het om ’n siel te reinig en te suiwer. Ons innige meegevoel
aan die geliefdes en familie.
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 26 Julie 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet jou
bederf dag. (**,)
Berenice Kock 26 Julie
Philida du Toit 26 Julie
Rianna Kotzé 26 Julie
Stuur gerus jou verjaardagdatum aan :
druk net “REPLY” en stuur jou naam en dag soos hier bo
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com

Gratis bybelstudie CD’s-1-13
blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 89 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *