Ingestuur deur Okkie Jansen van Vuuren
Bestandele
1 x 500g Gaar Noedels
1 x Groot Groen Rissie fyngekap (green pepper)
1 x Groot Ui fyn gekap
250 ml Tamatie Sous
125 ml Asyn
125 ml Kook olie
200 ml Suiker
1 El Kerrie Poeier
Sout en Peper na smaak
Tobasco Sous opsioneel
Metode
Meng al die bestandele saam en gooi oor gaargekookte noedels.Voeg dan die ui en groen rissie by. Indien moontlik laat staan oornag. Jy kan enige sterkte kerrie poeier gebruik. Die suiker in die sous breek die brand van die kerrie en Tobasco. Die geure kom eers regtig tot sy reg indien dit oornag gestaan het.
(Visited 55,202 times, 1 visits today)
Advertisements
Baie dankie
Kan hierdie slaai gebottel word
Slaai kan gebottel word en kan tot 6 maande in ‘n donker plek gestoor word.
word dit warm gebottel?
Goeie More Magda, Jy kan dit warm bottel