Lepel Steeltjies

LEPELSTEELTJIES

250 g botter (to bake botter) (kamertemperatuur
500 ml koekmeelblom
2,5 ml sout
2,5 ml bakpoeier
650 ml gerasperde cheddar kaas
Appelkooskonfyt of aarbeikonfyt

Verroom botter en voeg meel, sout en bakpoeier by. Meng goed.
Voeg kaas by en meng tot ‘n deeg.
Rol die deeg in balletjies en plaas op ‘n gesmeerde bakplaat.
Druk ‘n gaatjies met ‘n houtlepel in die middel van elke koekie, maar moenie dwarsdeur druk nie.
Skep ‘n mespuntjie konfyt in die middel. (As jy te veel konfyt insit, sal dit oorkook tydens die bakproses).
Bak sowat 10 – 15 minute in ‘n voorverhitte oond by 180ºC.
Lewer sowat 5 dosyn koekies.

Bron: Wenresepte
Foto: Petre van Jaarsveld

***********************

NOG ‘N RESEP

Lepelsteeltjies: (+/-80)
500 ml koekmeel
2 ml sout
3 ml bakpoeier
250 gram gerasperde Cheddarkaas
250 gram botter (to bake botter bv Stork) (kamertemp )
Appelkooskonfyt of aarbeikonfyt

1. Sif droë bestanddele. Meng kaas by. Meng margarien by. Dit moet sag maar nie gesmelt wees nie.
2. Meng tot hanteerbare deeg. Rol okkerneut grootte balletjies en plaas in holtes van klein kolwyntjie pannetjies wat met Spray & cook gespuit is.
3. Druk gaatjie met agterkant van houtlepel maar oppas dat jy nie regdeur tot op pan druk nie.
4. Skep bietjie appelkooskonfyt in elkeen en bak so 15 minute by 200°C.
5. Laat afkoel en bere in digte houer. Voor opdiening skep weer bietjie appelkooskonfyt in elkeen want konfyt bak weg.
Ek sit sommer die appelkooskonfyt in my versierbuis dan spuit dit makliker in gaatjie en jy besmeer ook nie kante nie want dit bak donker en lyk nie so mooi nie

Rens
FoodloversRecipes

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 799 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *