Lev 25:17

Maandag 31 Julie 2017 Tema: Vrees Hom 1
**** My eie woorde:
Lev 25:17 Laat niemand dan sy naaste verdruk nie, en vrees jy
jou God; want Ek is die HERE julle God.
**** Wanneer ons aan die woordjie “vrees” dink, dink ons dadelik
daaraan om bang te wees. My vraag is dit: Het ons nog daardie
heilige ontsag vir ons Maker? So dikwels beklemtoon ons Sy
liefde en dis reg ook, want daar is geen groter liefde as God se
liefde nie. Tog is Hy ook die Een wat net kan spreek en dit
gebeur, die Een wat die sonde haat, al het Hy die sondaar lief.
Hy is ook ons Hemelse Vader, die een na wie toe ons kan gaan met
enige probleem, enige las. Jy kan Hom vra wanneer jou rekenaar
vashaak vir wysheid om jou te help, jy kan Hom vra om jou siek
kind aan te raak. Jy kan Hom vra om jou te wys waar iets is wat jy
gebêre het en jy kan dit nie vind nie, ja jy kan Hom vra vir ’n
parkeerplekkie want jy moet gou iewers inhardloop en jou tyd is
min. Dis dié God wat ons moet vrees met Heilige ontsag want Hy
weet alles. Mag ons Hemelse Vader julle elkeen in Sy sorg toevou
in hierdie nuwe week wat voorlê.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 31 Julie 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet jou
bederf dag. (**,)
Serina Mohamed 31 jul.
Elbie v d Merwe 31 Jul.
Elsa Koesveld 31 Jul
Julie Seidler 31 Jul
Beulah Hartung 31 Jul

Stuur gerus jou verjaardagdatum aan :
druk net “REPLY” en stuur jou naam en dag soos hier bo
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com

Gratis bybelstudie CD’s-1-13
blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 76 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *