Matt. 24:27

Donderdag 6 Julie 2017 Tema: Kyk Hy kom…… 4
**** My eie woorde
Matt. 24:27 Want soos die weerlig uit die ooste uitslaan en tot in
die weste skyn, so sal ook die koms van die Seun van die mens
wees. V28 Want oral waar die dooie liggaam lê, daar sal die
aasvoëls saamkom. V29 En dadelik ná die verdrukking van
daardie dae sal die son verduister word, en die maan sal sy glans
nie gee nie, en die sterre sal van die hemel val, en die kragte van
die hemele sal geskud word. V30 En dan sal die teken van die
Seun van die mens in die hemel verskyn, en dan sal al die stamme
van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die
wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid. V31 En Hy sal
sy engele uitstuur met harde trompetgeluid, en hulle sal Sy
uitverkorenes versamel uit die vier windstreke, van die een einde
van die hemele af tot die ander einde daarvan.
**** Wanneer mens hierdie gedeelte mooi lees is daar baie
interessante feite. Stel jou voor ‘n weerligstraal slaan vanaf die
ooste tot en met die weste oor die aarde ….ons weet met weerlig sien
jy eers die straal en kort daarna die slag. So kort daarna die hardste
donderslag wat jy nog ooit gehoor het. Jesus sê dis hoe Sy koms sal wees,
daarmee saam harde trompetgeluid. Kyk hoe interessant dadelik
NA die verdrukking is daar tekens aan die son maan en sterre en
die hemel word geskud en dan verskyn die teken van die Seun van die mens.
Wat ‘n prentjie sal dit wees wanneer die HERE met weerligstrale en harde
trompetgeluid Sy koms aankondig Wanneer hierdie fenomene gebeur gaan elke
mens wat lewe op aarde stilstaan en opkyk …dan verskyn die teken
waarop ons almal gewag het ’n spierwit wolk wat al hoe nader kom en
groter word. Daardie dag wil ek gereed wees …wat van jou?
My ander vraag is, sal jy kan onderskei wanneer Satan die koms
namaak?
V5 Want baie sal onder my Naam kom en sê: Ek is die Christus! en
hulle sal baie mense mislei.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 6 Julie 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE
jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in
jou verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag. (**,)
Willie Geldenhuys 6 Jul.
Wendemi Nanamus 6 Jul
Stuur gerus jou verjaardagdatum aan :
druk net “REPLY” en stuur jou naam en dag soos hier bo
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Onthou nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 69 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *