Matt. 24:4

Woensdag 5 Julie 2017 Tema: Kyk Hy kom 3
**** My eie woorde
**** Uit vandag se gedeelte sien ons dat ons nie alle pyn en lyding
gaan vryspring nie. Daniël se drie vriende het gestaan vir Hom
in Wie hulle glo toe almal neerbuig. Die HERE het nie die vuuroond
weggeneem nie, maar toe hulle in die vuur is, toe stap Hy saam met
hulle daardeur.
Matt. 24:4 En Jesus antwoord en sê vir hulle: Pas op dat niemand
julle mislei nie. V5 Want baie sal onder my Naam kom en sê: Ek is
die Christus! en hulle sal baie mense mislei. V6 En julle sal hoor
van oorloë en gerugte van oorloë. Pas op, moenie verskrik word
nie, want alles moet plaasvind, maar dit is nog nie die einde nie. V7
Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk
teen die ander; en daar sal hongersnode wees en pessiektes en
aardbewings op verskillende plekke. V8 Maar al hierdie dinge is ‘n
begin van die smarte. V9 Dan sal hulle jul aan verdrukking oorgee
en julle doodmaak; en julle sal deur al die nasies gehaat word ter
wille van my Naam. V10 En dan sal baie tot struikel gebring word
en mekaar verraai en mekaar haat. V11 En baie valse profete sal
opstaan en baie mense mislei. V12 En omdat die ongeregtigheid
(wetteloosheid NV.) vermeerder word, sal die liefde van die meeste
verkoel. V13 Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.
**** In hierdie gedeelte waarsku die HERE juis Sy dissipels dat Sy
kinders aan verdrukking oorgegee gaan word dat hulle gehaat gaan
word ter wille van Sy Naam maar as ons volhard tot die einde toe.
Daardie einde kan my dood wees of indien ons bly leef tot Hy kom
moet ons volhard. Wanneer mens deur die Bybel lees sien jy
dikwels hoe bitter swaar God se kinders gekry het tog was die
HERE met hulle en is hulle geloof versterk. Kyk dan waarvoor bid
Jesus
Joh 17:15 Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld wegneem nie, maar
dat U hulle van die Bose bewaar.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 5 Julie 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet jou
bederf dag. (**,)
Chris Schutte 5 Julie
Ada Nagel 5 Julie
Irene Ramsden 5 Julie
Ockie Faul 5 Julie
Stuur gerus jou verjaardagdatum aan :
druk net “REPLY” en stuur jou naam en dag soos hier bo
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Onthou nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

(Visited 46 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui