Piesangbroodsosaties

Ingestuur deur Jan van Niekerk

Wegsleep

’n Soet happie op ’n stokkie! Vir hierdie resep kan jy sommer ’n piesangbroodjie by die supermark koop – die res is kinderspeletjies. Al wat jy moet besluit, is of dit ontbyt of poeding is…

Bestanddele:
4 Eiers
¼ Koppie melk
½ Koppie karringmelk of jogurt
8 Dik snye piesangbrood
2 Eetlepels botter
8 Sosatiestokkies
2 Piesangs, in skyfies gesny
4 Eetlepels suiker
1 Teelepel kaneel
Nutella

Metode:
1. Meng die eiers met die melk karringmelk. Sny die piesangbrood in blokkies van 2 x 2 cm en pak dit in ’n enkellaag in ’n bak. Gooi die eiermengsel oor die brood en laat dit vir minstens ’n halfuur staan om in te trek.
2. Smelt die botter in ’n groot pan en braai die blokkies brood vinnig daarin (amper soos Franse roosterbrood) tot dit bros en warm is.
3. Ryg die broodblokkies dadelik op die stokkies met die piesangskyfies tussenin. Sprinkel suiker en kaneel oor en sit dit warm voor met Nutella. Dis beter om dit dadelik te eet sodat die sjokoladesmeer oor die brood kan smelt.

WENK: As jy die sosaties vooraf wil klaarmaak, kan jy dit vir 3 minute vinnig onder ’n vuurwarm oondrooster of oor warm kole sit om warm te word.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 199 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *