Open 14:7

blye.versekering.audiocd@gmail.com
Vrydag 4 Augustus 2017 Tema: Vrees Hom 5
**** My eie woorde
**** In vandag se teksgedeelte is daar baie belangrike feite.
Wanneer ons hoor wat in ons eie land aan die gang is, waar
godsdiens al hoe meer onder druk geplaas word, dan sien ek
waarom hierdie waarskuwing in die Woord opgeteken is .
1. Vrees Hom en gee Hom heerlikheid.
2. Die uur van Sy oordeel het gekom.
3. Aanbid Hom.
4. Die Een wat hemel aarde en see gemaak het – dit
5. onderskei Hom van die beelde aanbidding en sogenaamde
gelukbringers. Hy is die Skepper God Jesus Christus.
Open 14:7 En hy het met ‘n groot stem gesê: Vrees God en gee
Hom heerlikheid, want die uur van sy oordeel het gekom; en
aanbid Hom wat die hemel en die aarde en die see en die
waterfonteine gemaak het.
Open 19V5 Toe het daar ‘n stem van die troon af gekom wat
gesê het: “Loof ons God, al sy dienaars, dié wat Hom vrees, klein
en groot!”V6 Ek het toe iets gehoor soos die geluid van ‘n
groot menigte, soos die gedruis van ‘n groot watermassa en soos
die gedreun van swaar donderweer. Hulle het uitgeroep: “Prys
die Here! Die Here ons God, die Almagtige, heers nou as
koning.
Rom 14:11 Want daar is geskrywe: So waaragtig as Ek leef, sê die
Here, voor My sal elke knie buig, en elke tong sal God bely.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 4,5 & 6 Augustus 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet jou
bederf dag (**,)
Nina Venter 4 Aug
Flos Kotzé 4 Aug.
Reg Leff 5 Aug
Alet Nortjé 5 Aug
Rina v Niekerk 5 Aug
Julie Botha 5 Aug.

Stuur gerus jou verjaardagdatum aan :
druk net “REPLY” en stuur jou naam en dag soos hier bo
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com

Gratis bybelstudie CD’s-1-13
blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

(Visited 60 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui