1Sam 3:8

Maandag 14 Augustus 2017 Tema: Hy roep jou 1
**** My eie woorde:
****Die HERE roep drie keer na Samuel. Omdat hy jonk is en dit sy
eerste ervaring is om God se stem te hoor verstaan hy eers nie,
maar dan antwoord hy. Hoe lank roep die HERE jou al? Daardie
stemmetjie in jou gewete wat met jou praat? My vraag vandag is
waarvoor wag ek en jy? Wat is ons verskoning? Uitstel is soms
goed maar dit kan ook tot afstel lei. Miskien hoor jy weer vanoggend
Sy stem met jou praat. Wat is jou antwoord? Ons staan skuldig oor
verkeerde goed, maar wat van daardie goed wat ons moes doen
wat ons nagelaat het.
1Sam 3:8 En die HERE het Samuel weer geroep vir die derde
maal; en hy het opgestaan en na Eli gegaan en gesê: Hier is ek,
want u het my geroep. Toe merk Eli dat die HERE die seun geroep
het. V9 Daarom het Eli vir Samuel gesê: Gaan lê, en as Hy jou
roep, moet jy antwoord: Spreek, HERE, want u kneg hoor. Toe het
Samuel geloop en op sy plek gaan lê. V10 Toe het die HERE
gekom en gaan staan en geroep soos die vorige kere: Samuel,
Samuel! En Samuel het geantwoord: Spreek, want u kneg hoor.
Heb 4:7 bepaal Hy weer ‘n sekere dag, naamlik vandag, as Hy
soveel later deur Dawid spreek, soos gesê is: Vandag as julle sy
stem hoor, verhard julle harte nie.
Jak 4:17 Wie dan weet om goed te doen en dit nie doen nie, vir
hom is dit sonde.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 14 Augustus2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE
jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in
jou verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag. (**,)
Veronica le Roux 14 Augustus
Revival Awawes 14 Aug.
Landy Vries 14 Aug.
Donette Nowers 14 Aug.
Jo-Ann Jacobs 14 Aug.
Stuur gerus jou verjaardagdatum aan :
druk net “REPLY” en stuur jou naam en dag soos hier bo
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com

Gratis bybelstudie CD’s-1-13
blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 39 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *