Jes 40:26

Woensdag 16 Augustus 2017 Tema: Hy roep jou 3
**** My eie woorde
Jes 40:26 Slaan julle oë op in die hoogte en kyk! Wie het hierdie
dinge geskape? Hy laat hulle leërskare uittrek volgens getal, Hy
roep hulle almal by die naam, vanweë die grootheid van kragte en
omdat Hy sterk van vermoë is; daar word nie een gemis nie.
Eks.33:17 Toe sê die HERE aan Moses: Ook hierdie versoek wat jy
uitgespreek het, daaraan sal Ek voldoen; want jy het genade gevind in my
oë, en Ek ken jou by die naam.
Mark 5:19 Maar Jesus het hom dit nie toegelaat nie, maar vir hom gesê:
Gaan na jou huis na jou mense toe, en vertel hulle watter groot dinge die
Here aan jou gedoen het, en dat Hy jou barmhartig was.
Heb 13:8 Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in
ewigheid.
****Weet jy wat? Vir die Here is jy nie net ‘n nommer nie, Hy ken jou
naam en as Hy jou roep , dan noem Hy jou op jou naam.
Veronderstel jy ontvang vanoggend ‘n oproep vanaf ’n baie
belangrike persoon wat jy ken. Iemand waarvan jy seker is, sal jou
nie bel nie. Waaroor gaan jy vandag gesels. Ek meen, ek sal vir
elke een wat twee ore het vertel: “ Raai wie het my vanoggend
geskakel EN hy/sy ken toe selfs my NAAM!” Tog kom die Koning
van die HEELAL en Hy roep JOU vanoggend op JOU naam en ek
en jy bly tjoepstil. Dalk is dit tyd dat ons weer opgewonde raak
omdat Hy ons Naam ken en by my en jou adres kom woning maak
het.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 16 Augustus2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet jou
bederf dag. (**,)
Yolandi v Zyl 16 Aug.
Lente Nagel 16 Aug.
Giselle Steyn 16 Aug.
Marietjie Havenga 16 Aug.
Stuur gerus jou verjaardagdatum aan :
druk net “REPLY” en stuur jou naam en dag soos hier bo
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com

Gratis bybelstudie CD’s-1-13
blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 71 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *