Jona 3:7

Maandag 21 Aug. 2017 Tema: Hy is geduldig en verdraagsaam 1
**** My eie woorde:
**** Jona gaan waarsku ’n stad vol mense om hulle te bekeer. Ek
wonder wat sou vandag gebeur. Hulle sou hom waarskynlik in die
tronk stop omdat hy ander se mense regte beskadig het. Hier
gebeur dit anders. Die mense en selfs die diere bly vir drie dae
sonder kos en water en keer terug na die HERE. God sien dit raak
en verander van besluit om hulle nie te verwoes nie. Net so het ek
en jy ‘n keuse van omdraai weg van die goed wat verkeerd is in
ons lewens. Daardie goed waar jou gewete jou elke dag aankla.
Jona 3:7 En hy het in Ninevé laat uitroep en sê: Op las van die
koning en sy groot manne—geen mens of dier, beeste of kleinvee
mag aan iets proe nie, hulle mag nie wei of water drink nie;
V8 maar mens en dier moet ‘n rougewaad om hê, en hulle moet
ernstig tot God roep, en elkeen moet hom van sy verkeerde weg
bekeer en van die onreg wat aan sy hande kleef.
Jona 3:10 En God het hulle werke gesien dat hulle hul bekeer het
van hulle verkeerde weg; toe het God berou gehad oor die onheil
wat Hy gesê het dat Hy hulle sou aandoen, en Hy het dit nie
gedoen nie.
Jer 2911 Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle
koester, spreek die HERE, gedagtes van vrede en nie van onheil
nie, om julle ‘n hoopvolle toekoms te gee. 12 Dan sal julle My
aanroep en heengaan en tot My bid, en Ek sal na julle luister. 13
En julle sal My soek en vind as julle na My vra met julle hele hart.
14 En Ek sal My deur julle laat vind, spreek die HERE, en julle lot
verander en julle versamel uit al die nasies en uit al die plekke
waarheen Ek julle verdryf het, spreek die HERE; en Ek sal julle
terugbring na die plek vanwaar Ek julle in ballingskap weggevoer
het.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 21 Augustus2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE
jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in
jou verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag. (**,)
Karin Hoffman 21 Aug.

Stuur gerus jou verjaardagdatum aan :
druk net “REPLY” en stuur jou naam en dag soos hier bo
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com

Gratis bybelstudie CD’s-1-13
blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 81 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *